Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
OORSIG: Harry in Londen vir oupa Philip se begrafnis

Prins Philip, 99-jarige eggenoot van koningin Elizabeth, is Vrydagoggend vreedsaam in die Windsor-kasteel dood. Philip sal eerskomende Saterdag om 15:00 Britse tyd begrawe word. Volg ons regstreekse dekking hier.

LEES OOK: 

11 Apr. 21:49:03

Prins Harry het in Londen aangekom

Prins Harry het uit Amerika in Londen aangekom, het The Sun Sondagaand berig.

Die prins moes inderhaas planne maak om na Brittanje terug te keer nadat prins Philip Vrydagoggend in die Windsor-kasteel oorlede is.

Die Buckingham-paleis het Saterdagaand bevestig Harry sal die begrafnis Saterdag bywoon.

Die prins moes so gou moontlik na Brittanje vlieg sodat hy die verpligte vyf dae in isolasie kan aflê en betyds wees vir die begrafnis.

Volgens die huidige reisbeperkings moet die meeste reisigers wat binne 72 ná hul aankoms in Brittanje negatief vir die koronavirus toets, hulle vir tien dae isoleer.

Die reisigers kan egter hul isolasie ná vyf dae beëindig indien hulle weer 'n negatiewe koronavirustoets ondergaan.

Dit is nie bekend hoe lank Harry in Brittanje gaan wees nie.

Sy vrou, Meghan, hertogin van Sussex, wou hom vergesel, maar haar dokter wou haar nie toestemming gee vir die reis nie.

Meghan, wat swanger is, het verlede jaar ‘n miskraam gehad.

Lugdienste laat gewoonlik nie vroue wat meer as agt maande swanger is toe om te vlieg nie.

11 Apr. 21:29:33

11 Apr. 18:28:32

11 Apr. 17:19:52

11 Apr. 16:23:42

11 Apr. 15:11:16

11 Apr. 15:11:00

11 Apr. 15:10:39

11 Apr. 14:34:22

Sy afsterwe laat ’n leemte - koningin

Koningin Elizabeth is “ongelooflik stoïsyns” en sê die afsterwe van prins Philip, haar eggenoot van 73 jaar, laat ‘n groot leemte in haar lewe.

So het prins Andrew Sondagoggend buite die All Saints-kerkie naby Royal Lodge, sy woning in Windsor Groot Park, gesê.

Andrew en sy jonger broer, prins Edward, sy vrou, Sophie, gravin van Wessex, en hul dogter, lady Louise Windsor, het 'n kerkdiens daar bygewoon.

Die koninklikes het die diens saam met werkers van die kasteel bygewoon en die geleentheid gebruik om hulle te bedank vir hul ondersteuning die afgelope paar dae.

Philip is Vrydagoggend in die Windsor-kasteel oorlede, amper vier weke nadat hy uit 'n Londense hospitaal ontslaan is ná hartchirurgie. Andrew, wat Saterdag saam met Edward, Sophie en prinses Anne by die koningin gaan kuier het, sê sy pa was 'n merkwaardige man.

“Hy was so kalm. Wanneer jy 'n probleem gehad het, het hy daaroor gedink. Hy was altyd iemand na wie jy toe kon gaan. Ons het die oupa van die nasie verloor en ek kry my ma bitterlik jammer, maar ek ondersteun haar.”

Edward, wat Saterdag saam met sy vrou buite die kasteel vir roubeklaers gewaai het, sê sy pa se dood is 'n verskriklike skok en dat die buitengewone huldeblyke aan Philip “so fantasties is”.

“Hy mag dalk ons pa en oupa gewees het maar hy het so baie vir soveel ander mense beteken.”

Die klein kerkie is dieselfde kerk waar die koningin en haar man verlede jaar trots - met die gepaste fisieke afstand - vir troufoto’s van prinses Beatrice en haar man, Edoardo Mapelli Mozzi, geposeer het.

11 Apr. 14:20:43

Prins Edward, sy vrou, gravin van Wessex, en hul dogter, Louise Windsor, het Sondag 'n kerkdiens by die Royal Chapel of All Saints by die Royal Lodge in Windsor, bygewoon ná die dood van sy pa, prins Philip Vrydag. Foto: Steve Parsons

Meer oor:  Prins Philip  |  Britse Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.