Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Richard Gere word wéér pa – op 69

Die Amerikaanse akteur Richard Gere het op 69-jarige ouderdom weer pa geword.

Dié ster van onder meer die rolprente Pretty Woman (1990), Runaway Bride (1999) en Shall We Dance? (2004) se 36-jarige vrou, Alejandra Silva, het Saterdag in New York die lewe geskenk aan ’n seuntjie, berig The Sun.

Niemand weet nog wat die kleinding se naam is nie, berig The Mirror.

Gere en Silva het verlede jaar in die geheim getrou nadat hulle aanvanklik in 2014 in Italië ontmoet het.

Silva het haar swangerskap verlede jaar bevestig toe sy ’n foto geplaas het van die Dalai Lama wat aan haar maag raak sodat hy haar swangerskap kan seën.

Express berig dat Gere glad nie bekommerd is daaroor om ’n ouer pa te wees nie.

“Ek is die gelukkigste man in die heelal. Hoe kan ek nie wees nie? Ek is getroud met ’n pragtige, sensitiewe, snaakse vrou wat daaraan toegewy is om mense te help en sy is ’n fantastiese ma.”

Meer oor:  Richard Gere  |  Alejandra Silva  |  Celebs  |  Swangerskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.