Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Rihanna ‘bietjie moeg vir mans’

Rihanna

Die sangeres Rihanna (30) en haar skatryk Arabiese kêrel is uitmekaar omdat sy glo ’n bietjie moeg is vir mans, berig die Daily Mail.

MediaTakeOut.com berig sy het “moeg” geraak vir Hassan Jameel, ’n sakeman van Saudi-Arabië.

“Dis verby. Rihanna het sy hart gebreek. Dis wat sy doen, sy breek mans se harte. Rihanna het moeg geraak vir hom. Sy raak soms moeg vir mans.”

Sy het nooit werklik die romantiese verhouding bevestig nie, maar het in onderhoude daaroor gepraat dat sy in ’n ernstige verhouding was.

In die Junie-uitgawe van Vogue het sy gesê: “Ek het altyd skuldig gevoel om tyd te maak vir myself, maar ek dink ook ek het nog nooit iemand ontmoet wat dit die moeite werd maak nie.”

Jameel (29), wat voorheen getroud was, is die erfgenaam van die Abdul Latif Jameel-fortuin. In 2017 was hulle die vierde rykste familie in die Arabiese wêreld met ’n waarde van $2,2 miljard, volgens Forbes in die Midde-Ooste.

Meer oor:  Rihanna  |  Vsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.