Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Robert Redford se seun James (58) sterf
James Redford in ’n gesinsfoto wat sy vrou, Kyle, op Twitter gedeel het. Foto: Twitter/KyleRedford

Die akteur Robert Redford (84) se seun James (58) is ná ’n stryd met galbuiskanker dood.

James en sy vrou, Kyle, was 32 jaar getroud en het twee kinders, Dylan en Lena.

In ’n twiet skryf Kyle: “Jamie is vandag dood. Ons is hartgebroke. Hy was baie geliefd en het ’n groot impak gemaak. Hy sal gemis word. As sy vrou van 32 jaar, is ek baie dankbaar vir die twee wonderlike kinders wat ons saam grootgemaak het. Ek weet nie wat ons die afgelope twee jaar sonder hulle sou doen nie.”

Cindi Berger, Robert se woordvoerder, sê die akteur is in rou oor James se dood en vra dat hul privaatheid gerespekteer word.

Berger sê James se nalatenskap leef voort deur sy kinders, kuns, flieks wat hy vervaardig het en sy passie vir bewaring en die omgewing.

James se lewersiekte het twee jaar gelede teruggekeer en kanker is by hom gediagnoseer terwyl hy op nog ’n leweroorplanting gewag het.

Hy het sedert sy kinderdae ernstige gesondheidsprobleme gehad en primêre skleroserende cholangitis is op ’n jong ouderdom gediagnoseer. Dit is ’n seldsame outo-immuunsiekte wat die lewer raak.

Hy het in 1993 twee leweroorplantings oorleef en het mense daarna probeer bewus maak van orgaan- en weefselskenking.

Hy het soos sy pa in die rolprentbedryf gewerk waar hy flieks vervaardig het. Hy het veral dokumentêre rolprente oor die omgewing en gesondheid vervaardig.

James se ma is die historikus Lola van Wagenen. People, BBC, Mirror


Meer oor:  Robert Redford
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.