Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Rolene het nou volkop goue lokkies – kyk!
Rolene Strauss met ligte strepe in haar hare, voordat sy ’n amptelike blondine geword het.Foto: Instagram/@rolenestrauss

Rolene Strauss het so reg voor haar 27ste verjaarsdag op Maandag ’n haredos gekry waarop Gouelokkies jaloers sal wees.

Die voormalige mej. Wêreld en Suid-Afrika het Donderdag haar proses van metamorfose by Gary Rom Hairdressing met haar volgers in ’n Instagram-storie gedeel.

Die eindresultaat? Golwende blonde lokke!

’n Bos rose en ’n geskenkpakkie staan voor haar, soos sy die video vanuit ’n salonstoel neem.

“Ek word getrakteer vir my verjaarsdag op Maandag,” sê sy.

Saam met haar op die beeldmateriaal is die haarstilis Eloise Steyn.

’n Skermafdruk van Rolene Strauss se Instagram-storie. Sy deel die resultaat met haar volgers.Foto: Instagram/@rolenestrauss
’n Tweede blik op Strauss se kapsel.Foto: Instagram/@rolenestrauss
Strauss sê in ’n Instagram-storie, sy word vir haar verjaarsdag op Maandag getrakteer. Hier is sy by Gary Rom Hairdressing waar haar hare Donderdag omskep is. Foto: Instagram/@rolenestrauss
Die proses van verandering. Die haarstilis Eloise Steyn is by haar op die foto. Foto: Instagram/@rolenestrauss
Die resultaat. Sy bedank die haarstilis Eloise Steyn. Foto: Instagram/@rolenestrauss
Rolene Strauss vroeër vanjaar, voordat sy met die proses begin het om haar hare blond te maak. Foto: Instagram/@rolenestrauss


Strauss het reeds vanjaar in Maart haar donker kapsel met blonde strepe laat verlig.

’n Ingenome Strauss vryf in ’n video deur haar hare om die resultaat met haar volgers te deel.

“So dit is hoe ek nou lyk. Dit is inderdaad die ligste kleur wat my hare nog was,” sê sy.

Sy sê die blonde strepe wat die vorige keer ingesit is, was deel van die proses om haar hare heeltemal blond te maak.

“Ek is nou amptelik ’n blondine.”

Meer oor:  Rolene Strauss  |  Blond  |  Haarstyle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.