Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Rolene Strauss nog ’n seuntjie ryker

Rolene Strauss se tweede seuntjie het Maandag sy opwagting gemaak.

Strauss het Woensdagaand ’n foto van haar babaseuntjie se hand op Facebook gedeel om amptelik die nuus te deel.

Die voormalige Mej. Wêreld se seuntjie het 4,4 kg by geboorte geweeg. Hy is Maandag omstreeks 23:46 gebore.

“Ons is so dankbaar om jou in ons gesin, van amptelik vier, welkom te heet. Jou ouer boetie is gereed om jou hand vas te hou op hierdie reis van die lewe. Ons is baie geseënd om albei gesond en gelukkig te wees en eindelose “cuddles” te geniet. Dankie Hemelse Vader,” lees haar inskrywing.

Gelukwensings het vir Strauss ingestroom nadat sy die foto op sosiale media gedeel het.

Vier dae voor die nuwe baba se geboorte, op 6 Februarie, het Strauss en haar man, D’Niel, hul vierde huweliksherdenking gevier.


Meer oor:  Rolene Strauss
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.