Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Rolene vra gebede vir niggie se man ná operasie

Die voormalige skoonheidskoningin Rolene Strauss het gevra dat mense saam met haar moet bid vir haar niggie se man nadat hy ’n ernstige hartoperasie ondergaan het.

Rolene se niggie Corlé Janse van Vuuren, se man, Johan Janse van Vuuren (34), het Woensdag ’n sesvoudige hartomleidingsoperasie in ’n hospitaal in Pretoria ondergaan.

Rolene Straus, voormalige Mej. Wêreld. Foto: Instagram/Rolene Strauss

“Hy is nog in die waakeenheid,” het Strauss laat weet.

“Hy is wakker en het verskriklik baie pyn, maar maak al klaar weer grappies.”

Strauss, self ’n gekwalifiseerde dokter, het op Instagram geskryf dat Janse van Vuuren aan ernstige koronêre hartsiekte ly.

“Hy is reeds in kompetisie (met die res) om eerste in die waakeenheid gesond te wees,” skerts sy.

“Corlé kon hom gister gou sien en ons is positief vir ’n spoedige herstel.”

Corlé skryf op Instagram: “Hi almal, Marak (Janse van Vuuren se bynaam) het so 14:00 uit die teater gekom. Die dokter het my gebel en gesê alles het goed gegaan en dat hy stabiel is. Ek het hom ook 17:00 vir tien minute gesien en hy was in baie pyn, maar was darem bewus van my wat daar is. Ek weet almal se gebede is wat hom dra.”

Die operasie is Woensdag in die Life Wilgers-hospitaal in Pretoria gedoen, ’n dag ná sy 34ste verjaardag. Corlé en Janse van Vuuren het drie kinders: ’n dogter, Michelé (6), en tweelingseuns, Handré en Wihan (3).

“Ek bid vir Johan se gesondheid,” skryf Strauss op Instagram.

“Nie net vir vandag of vir die operasie nie, maar ook jare en jare wat voorlê. Mag hy die gelag van sy kinders geniet solank U wil, God. Ek bid vir Corlé, Michelé, Handré en Wihan. Gee hulle gemoedsrus en geloof soos kinders. Ek bid vir ons familie. Mag God ons versterk om Johan, Corlé en die kinders te ondersteun.”

Johan Janse van Vuuren, sy vrou Corlé en hul kinders, Handré (3), Michelé (6) en Wihan (3).Foto: Instagram/Rolene Strauss

Voor Janse van Vuuren se operasie het hy op Facebook geskryf: “Ek chat hopelik met julle oor ’n paar dae, opgesny en gebutcher, maar gesonder as ooit.”

Janse van Vuuren kom oorspronklik van Mosselbaai.

Meer oor:  Rolene Strauss
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.