Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Ronaldo nooi vrou wat hom hamburgers gegee het

Een van die vroue wat die sokkerster Cristiano Ronaldo as seuntjie McDonald-burgers gegee het wanneer hy en sy maatjies kos by die restaurant gaan bedel het, het op sy versoek na vore gekom.

Cristiano Ronaldo met sy meisie, Georgina Rodriguez, en sy vier kinders op ’n private vliegtuig. Foto: Instagram

Ronaldo (34) het in ’n onderhoud met Piers Morgan op ITV gesê hy sal graag van die vroue, van wie hy net ene Edna kon onthou, vir ete in Turin, Italië, of Lissabon, Portugal, wil nooi.

In reaksie op die program het Paula Leca na vore gekom en gesê sy was een van die vroue wat destyds by McDonalds gewerk het en vir die kinders kos gegee het. Sy het oor die jare kontak met Edna verloor.

Leca, wat getroud is en twee kinders het, het gesê sy sal graag die uitnodiging aanvaar.

Sy het aan die Portugese radiodiens Renascença gesê: “Die seuntjies sou voor die restaurant kom staan en as ons hamburgers oor gehad het, het die bestuurder ons toestemming gegee om dit vir hulle te gee.

“Een van die seuntjies was Cristiano Ronaldo, wat miskien die skaamste van hulle almal was. Dit het amper elke aand van die week gebeur,” het Leca gesê.

“Ek lag nou nog as ek daaraan dink. Ek het my seun daarvan vertel maar hy het gedink ek praat nonsens omdat hy nie kon glo dat sy ma al ooit vir Cristiano Ronaldo ’n hamburger gegee het nie.”

Volgens haar het haar man haar soms by McDonalds opgelaai en hy het Ronaldo ook gesien.

“Dis snaaks dat Ronaldo praat oor iets wat so lank terug gebeur het. Dit getuig van sy menslikheid. Ek dink nou oor die draaie wat die lewe met ’n mens loop. Ek het nie gedink karma bestaan nie, maar nou begin ek dink dit bestaan wel.”

– Bronne: Mail Online, The Sun, The World News

Cristiano Ronaldo huil terwyl hy oor sy pa in die onderhoud met Piers Morgan praat. Foto: ITV skermgreep
Paula Leca, wat sê sy was een van die drie vroue wat vir Cristiano Ronaldo hamburgers buite McDonalds gegee het toe hy nog ’n seuntjie was. Foto: Facebook

Meer oor:  Paula Leca  |  Cristiano Ronaldo  |  Turin  |  Italië  |  Lissabon  |  Portugal  |  Restaurant  |  Hamburgers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.