Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Rox-Zee: Dís waarom ons sprokie tot niet is

Boer Réan het haar teen sy ouers se wil gevra om te trou – en dit het uiteindelik tot die einde van hul sprokiesverhaal gelei, sê Rox-Zee.

Die feit dat sy Engels is, het ook glo teen haar getel.

Só sê Rox-Zee oor haar en Réan se verlowing wat nou amptelik tot niet is. Die gewilde paartjie in Boer soek ’n vrou, kykNET se werklikheidsreeks, het op 6 April verloof geraak.

Rox-Zee en Réan Foto: Instagram

Rox-Zee het Vrydag bevestig hulle is nie meer ’n paartjie nie.

Volgens haar keur Réan se ouers nie hul verhouding goed nie. Hulle het skynbaar gedink sy is nie die regte meisie vir hom nie en dat sy nie op die plaas sal aanpas nie.

“Ek het die verlowing die eerste keer verbreek en toe het ons weer probeer. Maar nou het ons albei besluit dit is beter so. Sy familie het dit onmoontlik gemaak,” sê sy.

Volgens haar voel sy moeg en gedreineer ná alles. Sy is nog lief vir Réan. “Daar is ’n klein deel van my wat nog hoop. Hy het probeer, maar daar is net soveel wat ’n mens kan doen.”

Daar was dreigemente, foonoproepe, en SMS’e, sê sy. Sy meen die teenstand is omdat sy Engels is en haar kultuur effens van hulle s’n verskil.

Sy het ook boodskappe op Réan se foon gesien waarin sy genoem word.

Sy het ten duurste ’n trourok en meubels gekoop vir wanneer hulle sou trou. “Nou moet ek ’n trourok gaan haal sonder ’n troue,” sê sy.

Sy het ook baie keer op eie koste na Réan gevlieg. Dit het haar elke keer sowat R9 000 gekos.

Sy sê Réan het haar teen sy ouers se wil gevra om te trou. Hulle het blykbaar ook aan Réan gesê “dat sy haarself moet bewys” as sy op die plaas gaan bly.

Réan is gekontak, maar wou nie kommentaar lewer nie.

Meer oor:  Boer Soek 'N Vrou  |  Rox-Zee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.