Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Rox-Zee, Réan koer op sosiale media

Die liefde blom behoorlik tussen boer Réan en sy Engelssprekende meisie, Rox-Zee.

Altans, dit is hoe dit lyk volgens sosialemedia-inskrywings van die paartjie wat mekaar in die 11de reeks van die werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou ontmoet het.

Ek is lief vir jou met my hele klein hart, Ré

Sedert die reeks verlede Donderdag tot ’n einde gekom het, koer die tweetjies gereeld op Facebook en Instagram.

As dit nie foto’s is van die een wat die ander op die wang soen nie, dan soen hulle mekaar.

Rox-Zee het Dinsdag ’n musiekvideo van ’n Hillsong-keurspel met Réan op Facebook gedeel.

“Ek is lief vir jou met my hele klein hart, Ré,” het sy daarby geskryf met ’n rooi hartjie.

Réan het van die plasing gehou.

’n Skermgreep van Rox-Zee se Facebook-plasing vir haar Réan.
Rox-Zee gee vir Réan ’n soen op Nuwejaar. Foto: Instagram
Réan gee vir Rox-Zee ’n soen op die wang. Foto: Instagram
Rox-Zee en Réan geniet ’n middagslapie. Foto: Instagram
Réan en Rox-Zee soen mekaar innig. Foto: Instagram

Intussen het Rox-Zee ook wenke vir troues op Facebook gedeel.

Is dit trouklokke wat ons hoor?

Réan wou nie ’n woord rep aan Netwerk24 nie.

Tydens die verfilming van die reeks het hy en Rox-Zee geen geheim daarvan gemaak dat hulle vroeg wil trou nie.

Rox-Zee het ook verlede week op Facebook vir aanbevelings vir verblyf op Mauritius in April gevra.

Maar of dit vir ’n wittebrood is, bly ’n geheim.

View this post on Instagram

New Years 2018 @reanclasen

A post shared by Roxzee Veldhuizen (@roxzeeveldhuizen) on

Meer oor:  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.