Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Rox-Zee se nuwe liefde: 3de keer gelukkig?
Rox-Zee Veldhuizen en James Weyer. Foto: Instagram/Rox-Zee Veldhuizen

Dit is nou al twee seisoene sedert sy op die realiteitsprogram Boer soek ’n vrou verlief geraak het, en al het haar hart intussen twee keer gebreek, lyk dit asof Rox-Zee Veldhuizen steeds in die liefde glo.

Ná liefdesteleurstellings met boer Rèan Clasen en JJ Stander, ook ’n boer van Piketberg, het sy weer liefde gevind – dié keer by ’n man van Durban.

“Ek weet steeds nie hoe ek so gelukkig is nie,” het sy verlede week op Instagram gesê en ’n foto gedeel van haar nuwe liefde, James Weyer. “Ek is so lief vir jou, James.”

Weyer het in November verlede jaar vir die eerste keer sy verskyning op haar Instagram-blad gemaak toe sy ’n foto van hulle gedeel het waarin hulle ernstig na die kamera staar. “Jy,” het sy hierby geskryf, saam met ’n rooi hartjie.

’n Onlangse foto van die glimlaggende Rox-Zee en nuwe liefde, James Weyer. Foto: Instagram/Rox-Zee Veldhuizen

Besonderhede oor Weyer is dun gesaai, behalwe dat hy werk as die bestuurder en aankoper by die Build It-ysterwarewinkel in Botha’s Hill, Durban. Dit is naby Rox-Zee se ouerhuis in Hillcrest.

Weyer is na verneem word ’n oudleerling van die Kearsney College, ’n Engelse hoërskool vir seuns in Botha’s Hill tussen Pietermaritzburg en Durban.

Hy het volgens sy Instagram-blad al na Rome, Turkye en Mosambiek gereis. Veldhuizen het Dinsdagmiddag aan Netwerk24 gesê sy verkies om hul verhouding privaat te hou en wil nie besonderhede verklap oor hoe hul ontmoet het nie.

Sy en Clasen was in ’n stadium verloof en sy het in 2019 nog erken dat sy steeds op hom verlief is. Nadat hul paaie geskei het, het sy en Stander uitgegaan, maar dié verhouding was reeds omstreeks April verlede jaar op die rotse.

Stander het intussen ook aanbeweeg en volgens sy Facebook-profiel is hy sedert Augustus verlede jaar in ’n verhouding met Nélene van der Westhuizen.

Meer oor:  Rox-Zee Veldhuizen  |  Boer Soek 'N Vrou  |  Romanse  |  Liefde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.