Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
‘Rumour has it’ dat Adele 30 kilo’s afgeskud het

Hallo? Is dit Adele?

Dit is die vraag op talle se lippe nadat die Britse sangeres Adele gewig afgeskud en haar nuwe figuur gewys het.

Adele het reeds in Desember die tonge laat klap toe sy reeds merkbaar gewig afgeskud het, maar sy het die oë veral Sondag laat rek toe sy nog maerder by die Amerikaanse sangeres Beyoncé en Jay-Z se partytjie opgedaag het wat ná die Oscars gehou is.

“Is dit Adele?” het een Twitter-gebruiker gevra en ses emotikons van twee oë langs die vraag gesit nadat ’n foto van Adele wat Sondag geneem is, wyd op Twitter gedeel is.

Kinga Rusin, ’n gewilde Poolse televisieaanbieder, het dié foto van haar saam met Adele op Instagram geplaas waarna dit vinnig op sosiale media versprei is.

Rusin sê in haar inskrywing by die foto dat sy en Adele by Beyoncé en Jay-Z se private partytjie oor skoene gesels het, waarna Adele haar meegedeel het dat sy omtrent 30 kg verloor het.

Sy sê sy het glad nie besef sy gesels met Adele nie omdat sy nou so “maer soos ’n komma” is en het eers besef dis die sangeres toe Adele haar eie naam gesê het.

View this post on Instagram

Na wczorajszej prywatnej imprezie ?Beyoncé? i Jaya Z rozmawialam z Adele o... butach (Adele na zdjeciu po zrzuceniu chyba z 30kg!), a ?Jay Z? uczyl mnie imprezowego ukladu tanecznego. Wiem, ze brzmi to surrealistycznie. Ale posluchajcie od poczatku... Tylko ok. 200 osób, na malej, klubowej przestrzeni, z najlepsza muzyka, z zakazem robienia zdjec (powyzsze to wyjatek poimprezowy). Ulica zamknieta i pilnie strzezona, wejscie kuchennymi drzwiami, zeby nie dalo sie nikogo sfotografowac. Impreza, na której wszyscy moga sie wyluzowac i zaszalec! Kazdy dostaje na wejsciu ... kapcie (nie weszlam w te opcje) i bawi sie bez skrepowania do bialego rana. Zaczelo sie od rozmowy z Adele o moich szpilkach (namawiala mnie na kapcie które sama miala na nogach). Szczerze, nie poznalam jej bo jest teraz szczupla jak przecinek! Gadalysmy zasmiewajac sie do momentu kiedy powiedziala jak sie nazywa...?? Rozmowa z Adele byla przepustka do milej konwersacji z ?Rihanna?. A pózniej juz bylo totalne szalenstwo! ?Jay Z? uczyl mnie ukladu tanecznego (bezskutecznie bo skomplikowany, ale za to bylo smiesznie), ?Beyoncé? patrzac na mój brokatowy, swiecacy garnitur stwierdzila ze smiechem ze ja przycmilam (miala na sobie ciemnogranatowa, welurowa suknie), z Leo DiCaprio tanczylam przez chwile za reke (taka byla konwencja, a ja stalam obok), otoczony wianuszkiem dziewczyn Bradley Cooper posylal mi usmiechy, ale chyba dlatego ze jego tez rozsmieszyl mój taniec z Jayem Z. Klan Kardashianek (Kim, Kourtney, Khloe) bawil sie we wlasnym gronie. ?Kanye West? i ?Travis Scott? wzieli udzial w radosnym jam session gospodarzy. Popis na scenie dal Puff Daddy, a pod scena parkietem zawladneli jego synowie. Charlize Theron zaproponowala mi kawalek pizzy, kiedy z ciekawosci zajrzalam do pudelka które niosla (do jedzenia byla do wyboru pizza, kawior, ostrygi lub homary). W towarzystwie Lany del Rey byl rezyser Jo Jo Rabbit - Taika Waititi, z nim rozmawialam najdluzej, o jego filmie, który uwielbiam. Zapomnialam o paru osobach: Margot Robbie, Adriana Lima, Jessica Alba, Reese Whiterspoon?,? Jeff Bezos, Timothe Chalamet, Spike Lee... Ot, takie zwykle przyjecie ??. Do hotelu wrócilam ?o 7:00?...

A post shared by Kinga Rusin- Official Profile (@kingarusin) on

Adele het aanvanklik met Rusin gaan gesels omdat sy met hoë hakke by die partytjie rondgeloop het, al het Beyoncé en Jay-Z vir hul gaste die opsie gegee om pantoffels by die partytjie te dra, wat hulle ook self aan gaste verskaf het.

Rusin onthul in haar inskrywing sy het die Suid-Afrikaans gebore aktrise Charlize Theron ook by die partytjie ontmoet.

Theron het glo met ’n kartondoos rondgeloop, waarin daar pizza, kaviaar, kreef en oesters was.

Sy het vir Rusin ’n skyf pizza aangebied nadat Rusin uit nuuskierigheid in die kartondoos geloer het.

Adele het oor die weke verskeie foto’s van haar op Instagram gedeel. Foto: Instagram/Adele


Meer oor:  Gewigsverlies  |  Adele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.