Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
SA akteur sterf saam met meisie in ongeluk

Die akteur Anthony Bishop, bekend om sy rol in die M-Net-dramareeks Jacob’s Cross, en sy vriendin, Nathalie Alberts, is Maandag in ’n botsing in Johannesburg dood.

Bishop (48) en Alberts is in Sandton op slag dood in ’n botsing waarin drie voertuie glo betrokke was.

Anthony Bishop

Hulle is op die toneel dood verklaar.

Belinda Kruger, agent by FigJam, sê Bishop se familie moes eers in kennis gestel word voordat hulle die nuus kon uitreik.

Bishop het in reekse soos Innocent Times en Erfsondes, asook in Afrikaanse sepies soos Binnelanders (toe dit nog ’n reeks was) en 7de Laan verskyn. Op die silwerdoek was hy onder meer in Neill Blomkamp se rolprent District 9 en hy het in verhoogproduksies soos Neil Simon se toneelstuk The Odd Couple opgetree, asook ’n konsert bestaande uit werke deur William Shakespeare en Mark Ravenhill se toneelstuk Shopping and Fucking.

Akteur sterf
Anthony Bishop
Anthony Bishop

Die aktrise en bekroonde teaterregisseur Sylvaine Strike was een van Bishop se medespelers in Shopping en Fucking.

“Ons is in 1998 albei deur Yaël Farber by die toneelstuk se rolverdeling ingesluit,” sê Strike.

“Ek en Anthony het albei aan die Universiteit van Kaapstad (UK) gestudeer. Hy was ’n jaar voor my.

Hy het ’n groot indruk op soveel lewens gemaak. Hy was vrygewig, baie eerlik, ongelooflik talentvol en vreesloos in sy lewe en werk.”

Hy het ook die rol van Billy in Paul Slabolepszy se toneelstuk Running Riot vertolk.

“Robin Smith het later die rol oorgeneem,” sê Slabolepszy.

“Anthony se dood is baie hartseer. Ek het hom nie baie goed geken behalwe in die tydperk toe ons saamgewerk het nie, maar wat ’n formidabele talent het hy nie gehad het. Mag hy in vrede rus.”

Die televisievervaardiger Desiree Markgraaff was die afgelope tien jaar sy agent.

“Ek ken hom heelwat langer. Anthony was ’n beskeie, sagte mens wat vir alles baie omgegee het – een van daardie mense wat te veel omgee. Hy het onlangs vir Nathalie ontmoet en vir my gesê dat sy ‘die een’ was. Ek het hom lanklaas so gelukkig gesien,” sê sy.

“Ons bedryf is hartseer. Hy was ’n ongelooflike goeie akteur en soos die Engelse sal sê: a beautiful mind.”Bishop word oorleef deur sy ma, Yvonne, stiefpa, Sergio de Freitas, broer, Robert, skoonsuster, Jennifer, en nefie Beauman. Sy pa, George Bishop, is vier jaar gelede dood.

* ’n Gedenkdiens word Saterdag om 12:00 by Avbob in Milpark vir Bishop gehou.

Meer oor:  Desiree Markgraaff  |  Paul Slabolepszy  |  Sylvaine Strike  |  Anthony Bishop  |  Johannesburg  |  Sandton  |  Motorongeluk  |  Toneel  |  Botsing  |  Akteurs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.