Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
SA beslis op Harry, Meghan se program - hoë kommissaris
Meghan, hertogin van Sussex, en prins Harry tydens die Vaandeldagparade in Junie. Koningin Elizabeth se verjaarsdag word amptelik met die Vaandeldagparade gevier. Foto: Getty Images

Dit is amptelik! Prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, sal Suid-Afrika besoek.

Die Britse hoë kommissaris in Suid-Afrika, Nigel Casey, het dit Woensdag tydens ’n geselligheid in Londen bevestig waar koningin Elizabeth se verjaarsdag gevier is.

Hoewel Buckinghampaleis nog nie amptelik die besoek bevestig het nie, het Casey bygevoeg “ons sien baie uit na die besoek”.

Casey het spottenderwys gesê die paartjie se besoek sal die ekonomie 'n hupstoot gee. "Ek voorsien 'n hoed-en-rok-inkopietog wat Sona sal troef."

Casey het genoem die paartjie sal in die Britse herfs, dus vermoedelik in Oktober of November, die land besoek.

Gissinge oor die paartjie se besoek aan Afrika doen reeds geruime tyd die ronde.

Prins Harry is reeds jare lank by bewaringsprojekte in Afrika betrokke. Ook Meghan het al liefdadigheidswerk in Afrika gedoen as ambassadeur vir Unicef, die Verenigde Nasies se kinderfonds.

Indien die twee hul eersteling saambring, sal Suid-Afrika een van die eerste lande wees wat klein Archie Harrison Mountbatten-Windsor besoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.