Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Sanger en tennisster se 3de kleinding onlangs gebore

Die sanger Enrique Iglesias en tennisster Anna Kournikova het hul derde kind se geboorte Donderdag op Instagram aangekondig.

Hul dogtertjie, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is op 30 Januarie gebore.

Albei ouers het verskillende foto’s gedeel met die byskrif “My Sunshine 01.30.2020”.

Op die foto wat die Spaanse liedjieskrywer gedeel het, is hy in teaterklere en hou hy die baba vas kort nadat sy gebore is.

Anna het twee foto’s gedeel.

In die een foto hou sy die baba vas terwyl sy op ’n hospitaalbed lê en in die ander foto soen Enrique haar op haar voorkop terwyl sy hand op die baba se kop rus.

Die paartjie het ook ’n tweeling, Lucy en Nicholas (2).

CNN, Mirror

View this post on Instagram

01.30.2020

A post shared by Anna Kournikova Iglesias (@annakournikova) on


View this post on Instagram

My Sunshine 01.30.2020

A post shared by Anna Kournikova Iglesias (@annakournikova) on


View this post on Instagram

My Sunshine 01.30.2020

A post shared by Enrique Iglesias (@enriqueiglesias) on


Meer oor:  Anna Kournikova  |  Enrique Iglesias
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.