Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Sangeres het troos by vroulike prostitute gesoek

Lily Allen, die Britse popsangeres, het onthul dat sy met vroulike prostitute geslaap het omdat sy “verlore en eensaam” tydens die verbrokkeling van haar huwelik was.

Lily (33) het op Instagram aan haar 870 000 volgelinge gebieg: “Ek het met vroulike gesellinne geslaap terwyl ek op toer was, want ek was eensaam en alleen en op soek na iets.”

Die popsangeres sê ook: “Ek is nie trots daarop nie – ek is skaam. Ek doen dit nie meer nie.”

Allen het ook bekend gemaak dat sy meer besonderhede daaroor in haar memoires, My Thoughts Exactly, sal insluit.

Sy sê sy het die gesellinne in 2014 ontmoet met die vrystelling van haar album, Sheezus, en terwyl sy aan nageboortedepressie gelei het ná die geboorte van Marnie, haar tweede dogter.

Haar huweliksbootjie was ook op die rotse en sy is in 2016 van Sam Cooper, haar man van vyf jaar, geskei, berig die Daily Mail.

Allen het ook die skuld vir haar persoonlike probleme op haar lewe in die kollig gepak.

In ’n onlangse onderhoud het sy gesê: “Ek het ’n stukkie van myself verloor. Ek het my identiteit verloor. Ek was ’n slegte ma. Ek was sleg by die werk. Ek sal in die middel van Wisconsin, Amerika, op ’n toerbus wakker word met ’n babelas. Ek het my man verkul. Al wat ek wou hê, is om by my kinders te wees. Ek het nie eens geld gemaak nie.”

Meer oor:  Prostitute  |  Sangeres
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.