Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Sasha-Lee beywer haar vir slagoffers van seksmisdade

Sasha-Lee Olivier (26), naaswenner van die Mej. Suid-Afrika-kompetisie, gaan die land binnekort in die Mej. Wêreld-kompetisie in Londen verteenwoordig.

Sasha-Lee Olivier (26), naaswenner van die Mej. Suid-Afrika-kompetisie, gaan in Desember aan die Mej. Wêreld-kompetisie in Londen deelneem. Foto: Verskaf

Olivier van Alberton aan die Oos-Rand ding op 14 Desember teen deelnemers van oor die wêreld heen om dié titel mee.

Luidens ’n verklaring wil Olivier, wat as kind seksueel misbruik is, as deel van haar “Beauty with a Purpose”-veldtog vir die Mej. Wêreld-kompetisie meisies en seuns in soortgelyke situasies ondersteun. Met haar slagspreuk, #ItsNotYourFault, wil sy vertroosting aan hierdie slagoffers bied.

Sy deel ook troospakkies aan die slagoffers van verkragting in polisiekantore uit, en gaan Woensdag pakkies in die polisiekantoor in Kensington, Kaapstad, uitdeel. Dit bevat basiese sanitêre produkte, ’n teddiebeer en ’n kaartjie wat slagoffers herinner dat dit wat met hulle gebeur het, nie hul skuld is nie.

“ ’n Gevoel van skaamte gaan gepaard met verkragting en langdurige seksuele mishandeling. Die slagoffers voel verantwoordelik vir hul eie mishandeling en is skaam oor wat met hulle gebeur of gebeur het,” sê Olivier in die verklaring.

Olivier wil vir die slagoffers sê dat hulle nie hulself moet blameer vir wat gebeur het nie en daarom word die pakkies by polisiekantore afgelewer sodat slagoffers dit ontvang juis wanneer julle op hul “kwesbaarste” is.

Stephanie Weil, uitvoerende hoof van die Mej. Suid-Afrika-organisasie, sê in die verklaring hulle is verheug dat Olivier aan die kompetisie gaan deelneem en ondersteun haar veldtog.

“Geslagsgeweld vind oor die wêreld heen plaas, maar in Suid-Afrika is die voorkoms daarvan kommerwekkend hoog.”

Weil sê hulle is oortuig daarvan dat Olivier die kwessie in die kollig sal plaas, met die klem daarop dat daar teen seksuele misbruik opgetree moet word om dit hok te slaan.

Mense wat R120 vir ’n troospakkie wil bydra, kan Backabuddy besoek.

* Mej. Suid-Afrika, Zozibini Tunzi, gaan Suid-Afrika in die Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig wat ook in Desember plaasvind.

Sasha-Lee Olivier (26) wil as deel van haar veldtog vir die Mej. Wêreld-kompetisie, “Beauty with a Purpose”, slagoffers van verkragting en seksuele misbruik help. Foto: Verskaf

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.