Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Schuster is g’n rassis, sê Shorty

Met Showmax se hersiening van Leon Schuster se rolprente vir ras-onsensitiwiteit, word die mat ook onder die voete van swart akteurs uitgeruk, sê Alfred Ntombela (48), beter bekend as Shorty.

Ntombela het sedert die 1990’s in verskeie van Schuster se rolprente opgetree. Hy was onder meer in Sweet ’n Short, een van die rolprente wat nou hersien word.

Leon Schuster en Alfred Ntombela in 2013. Foto: Lucky Nxumalo

“Mense noem my kollega, my vriend, ’n rassis.

“Ek wil aan nog rolprente saam met hom werk, maar nou is sy wêreld en my wêreld onderstebo gekeer. My publisiteit en geleenthede word ook weggesmyt.”

Ntombela sê in al die jare wat hy saam met Schuster gewerk het, het hy nooit enige rassisme by Schuster ervaar nie.

“Vir hom het dit altyd net oor vermaak gegaan. As swart man het ek in al die jare nie ’n probleem gehad daarmee nie en ek het vandag nog nie ’n probleem daarmee nie.”

Ntombela sê hy glo nie vir ’n oomblik dat Schuster met die vertolking van swart karakters probeer het om negatiewe rassevooroordele te versterk nie.

“Vir al die jare het ons gewerk, al die kostuums, al die grimering, vir al die jare . . . so hoekom nou ewe skielik ’n probleem sien? Hoekom nou?” vra Ntombela

“En wat van die Amerikaanse akteurs? Hulle verf hul gesigte wit. Hulle verf hul gesigte swart en niemand kla daaroor nie. Skielik spring Suid-Afrika op daai bandwagon.”

Ntombela sê Schuster was vir hom ’n mentor en het gehelp om hom as akteur te vorm.

Hy glo Showmax se besluit gaan die geleenthede wat swart akteurs in die toekoms sou gekry het om aan Schuster se rolprente te werk, in die wiele ry.

Meer oor:  Leon Schuster  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.