Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Senuwees knaag toe rugbyheld moes ouers vra
Dillyn Leyds en Nazli Petersen vier hul verlowing. Foto: Instagram
Dillyn Leyds en Nazli Petersen het Maandag verloof geraak. Foto: Instagram

Die Wes-Kaapse rugbyspeler Dillyn Leyds (28) erken dat hy nogal geïntimideer was – nie op die rugbyveld nie, maar toe hy gaan ouers vra het voordat hy Maandagmiddag aan die liefde van sy lewe verloof geraak het.

Leyds en Nazli Petersen (28) is al sowat ses jaar ’n paartjie, maar ja hy was ook nog steeds so ’n klein bietjie senuagtig die paar minute toe hy Petersen gevra het om verloof te raak en die ring aan haar vinger te steek.

’n Mens raak maar steeds ’n bietjie angstig. En dit was stresvol, maar ’n heeltemal ander stres as op die rugbyveld,

“’n Mens raak maar steeds ’n bietjie angstig. En dit was stresvol, maar ’n heeltemal ander stres as op die rugbyveld,” het Leyds, wat vir die Stormers en Westelike Provinsie rugby gespeel het, Vrydag gesê.

Hy het besluit om die tradisionele ding te doen en het Wellington toe gery om Nazli se ouers, Sandra en Jamiel Petersen, te vra of hy aan hul dogter verloof kan raak.

“Dit is die regte ding om te doen en om respek te wys vir mens se ouers,” sê Leyds en lag terwyl hy sê ’n mens moet ook maar die boeke skoonhou.

Ek het gevra of sy in haar inperking langer saam met my wil wees, sy het gesê ja.

Natuurlik het hy dit baie makliker op Instagram laat klink: “Ek het gevra of sy in haar inperking langer saam met my wil wees, sy het gesê ja.”

By die boodskap wys Petersen, wat by Maties gestudeer en ’n kopieskrywer is, haar ring.

Sy ouers, Erica en Gershwin Leyds van die Strand, is baie gelukkig met die twee se groot stap.

Leyds maak reg om dalk binne enkele dae na Frankryk te vertrek waar hy vir die klub La Rochelle gaan speel – en Petersen gaan saam.

“Dit is ’n nuwe reis wat ons saam gaan aanpak,” sê hy. Die twee het jare gelede begin uitgaan toe hulle vriende hulle aan mekaar voorgestel het.

Hy wag nou dat alles gereël is om na Frankryk te gaan. Hoewel dit ietwat moeiliker weens die Covid-19-regulasies is, kan dit glo reeds so vroeg as volgende week wees.

’n Huis is reeds vir hom en Petersen gereël. Die twee verliefdes gaan natuurlik Parys besoek om hul liefde in dié romantiese stad te vier, sê hy.

Sy nuwe spanmaats het hom reeds met boodskappe in hul geledere verwelkom. Al wat nou oorbly, is vir die jong paartjie om hul avontuur in Europa saam te gaan geniet.

Meer oor:  Dillyn Leyds  |  Trou  |  Rugbyheld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.