Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Siek Jagger keer Rolling Stones-toer
Mick Jagger

Die rockgroep The Rolling Stones het hul komende toer deur Amerika en Kanada uitgestel omdat dokters aan Mick Jagger (75) gesê het hy kan nie nou toer nie.

Luidens die aankondiging Sondagoggend is gesê Jagger het “mediese behandeling” nodig. Daar is nie gesê watter behandeling nie, berig buzzfeednews.

“Die dokters het vir Mick gesê hulle verwag hy sal heeltemal herstel en reg wees om terug op die verhoog te klim,” lui die verklaring.

Jagger het persoonlik op Twitter om verskoning gevra en gesê hy is jammer as hy ondersteuners in die steek gelaat het.

Vulture berig die groep het bewonderaars aangemoedig om hul kaartjies te hou, want dit sal geldig wees wanneer nuwe datums vasgestel is.

Dit is nie die eerste keer dat die Rolling Stones ’n toer weens mediese redes moet kanselleer nie. ’n Vorige keer het die kitaarspeler Keith Richard in ’n vakansie uit ’n kokosboom geval en harsingskudding opgedoen.

 

Meer oor:  Rolling Stones
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.