Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Sjoe! Kate slaan ’n nuwe stylbaadjie om

Catherine, hertogin van Cambridge, het ’n nuwe stylblaadjie omgeslaan! Of is dit nou baadjie?

Catherine, hertogin van Cambridge, het Woensdagaand geskitter tydens ’n besoek aan Ciprus. Haar natuurlike skoonheid en pragtige glimlag is altyd ’n wenkombinasie. Foto: Getty Images

Sy het Woensdagaand in Ciprus aangekom in ’n noupassende langbroek met wye pype wat net sowel uit óf haar skoonsus Meghan óf Victoria Beckham se klerekas kon gekom het, behalwe dat Catherine se weergawe net baie goedkoper is! (Haar broek is van die klerewinkel Jigsaw met ’n veel goedkoper prysetiket van £130.)

Catherine, hertogin van Cambridge, en prins William kom Woensdagaand in Akrotire, Ciprus, aan. Foto: Getty Images

Daarmee saam het sy ’n olyfkleurige baadjie met bypassende hoëhakskoene en ’n handtassie gedra. Die hertogin, wat lief daarvoor is om haar kledingstukke weer te dra, het die baadjie in 2016 tydens haar en prins William se toer na Kanada gedra. Toe was die baadjie deel van ’n meer informele uitrusting as Woensdag se ensemble.

Die hertogin se slanke lyfie is duidelik op dié foto te sien.Foto: Getty Images

Catherine, wat heelwat gewig verloor het ná prins Louis se geboorte in April, het amper te maer gelyk toe sy en prins William van die vliegtuig by die lugmagbasis Akrotiri in Ciprus land. Op die vliegtuig was geskenke en kaartjies van die familielede wat die paartjie Dinsdag tydens ’n Kerspartytjie by die Orangery-restaurant by Kensingtonpaleis in ontvangs geneem het.

Die paartjie het weer oudergewoonte grappies met mekaar gemaak. Foto: Reuters

Ná die kort vlug van vyf uur van Londen af is die paartjie na ’n loods geneem om nóg personeellede te ontmoet. William het ’n kort toespraak gelewer waarna die paartjie saam met lugmagpersoneel en hul families gekuier het.

Sarah Waghorn, wat op die basis gesetel is, het aan The Telegraph gesê Catherine en William het tong in die kies gesê “hul posdiens is die regte ‘Royal Mail (koninklike posdiens)’.” Waghorn se 80-jarige pa, David Waghorn, was een van die familielede wat die Kerspartytjie Dinsdag by die paleis bygewoon het.

Die twee het ook vertel hoe prins George en prinses Charlotte op die Kerspartytjie die kunsmatige sneeu misgeloop het. Toe die twee van die skool af kom, het Catherine hulle na die restaurant geneem, maar die sneeumasjien was reeds weg en al die eetgoed weggepak, berig The Telegraph. Volgens haar was die twee erg teleurgesteld.

Die olyfgroen baadjie is reeds vantevore deur die hertogin gedra tydens ’n toer na Kanada in 2016. Sy is lief daarvoor om kledingstukke te hergebruik. Foto: Getty Images

William het vertel dat hy Woensdagoggend vir prins George van die besoek vertel het en gesê het hy gaan vlieëniers ontmoet, waarop George sy pa gevra hom het om asseblief foto’s van helikopters te neem. Die vyfjarige George is dol oor helikopters en vliegtuie.

Haar handtassie het perfek by die kleur van die baadjie en suede skoene (nie op foto sigbaar nie) gepas. Soos gewoonlik het Catherine ook geen naellak aan haar kort naels gedra nie. Foto: Getty Images

Catherine het ook vertel dat prins Louis besig is om die “koninklike wuif” te oefen, berig die Daily Mail.

Die hertogin het probeer om met soveel moontlik troepe te gesels. Foto: Getty Images
Catherine en prins William maak dikwels tydens gesamentlike optredes oogkontak met mekaar. Foto: Getty Images
Prins William het die soldate en lugmaglede bedank vir hul opofferings, veral oor die Kerstyd. Foto: Getty Images
Een dogtertjie het haar gesig vir Catherine getrek en was ongelukkig omdat Catherine nie pienk klere aangetrek en ’n tiara gedra het nie. Foto: Getty Images
Prins William aan tafel saam met van die offisiere. Hy is duidelik besig om die tafel te vermaak met sy sêgoed. Foto: Getty Images
Ook plaaslike lede van die gemeenskap het kans gekry om die prins en sy vrou te ontmoet. Foto: Reuters
Catherine kon tee geniet saam met ’n offisier en sy gesin wat op die basis woon. Foto: Getty Images

Meer oor:  Koninklike Familie  |  Kate  |  Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.