Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Smag William na ’n stukkie KFC?

Prins William kon homself net nie Dinsdag help om amper met sy neus teen die toonvenster van ’n kitskos-braaihoenderrestaurant in Londen in te loer nie.

’n Foto van hom waar hy na kliënte by die KFC naby Waterloo-stasie kyk, het tot skreeusnaakse kommentaar op Twitter gelei.

En wat eet jy? Prins William loer deur die venster van die KFC by Waterloo-stasie. Foto: Twitter/KFC UK & Ireland
Mmmm, dit lyk lekker. Prins William met sy neus bitter naby aan die glas. Foto: Twitter/KFC UK & Ireland

KFC in Brittanje en Ierland het op hul amptelike Twitter-rekening geskryf William het saggies by homself gedink: “Oh I wish I could be wing” en later bygevoeg “I’m sad I didn’t call him His Royal Thighness”.

Of dit nou die geur van gebraaide hoender of die prins se nuuskierigheid was wat sy aandag van amptelike sake afgelei het sal ’n mens nie weet nie, maar hy was nie ’n flentertjie hoender of ’n krummeltjie beskore nie.

Hy het saam met Catherine na Waterloo gereis om te gaan kyk na reuse-plakkate en toonborde van die hertogin se uiters suksesvolle Hold Still-fotografieprojek.

Catherine het die fotografieprojek vroeër vanjaar in samewerking met die National Portrait Gallery tydens die inperkingstyd in Brittanje aangekondig. Derduisende inskrywings wat die lewe van Britte tydens die inperkingstyd uitbeeld is virtueel ontvang en ’n paneel het die tophonderd foto’s gekeur vir uitstallingsdoeleindes.

Catherine, hertogin van Cambridge, en prins William kyk na een van talle reuse-plakkate wat in Londen opgerig is ter ere van die Hold Still-fotografieprojek. Foto: Twitter/Die hertog en hertogin van Cambridge

Die projek was só ’n groot sukses dat daar besluit is om die plakkate en reklameborde in Londen en ander stede aan te bring. Die uitstalling is ook tans landswyd te sien.

William het ook, soos hy gewoonlik doen as hy net daar is om sy vrou te ondersteun, so effens agter haar gestap. Hulle het ná die Waterloo-besoek ook besoek gebring aan die St. Barts-hospitaal waar hulle met gesondheidswerkers gesels het. Hier het hulle maskers gedra.

‘n Man stap verby nóg ‘n reuse-plakkaat van die Hold Still-fotografieprojek. Foto: Twitter/Die hertog en hertogin van Cambridge

Meer oor:  Kfc  |  Brittanje  |  Prins William
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.