Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Só lyk Kim se Psalm!

Lyk hy soos sy boetie of twee sussies?

Aanhangers van die TV-werklikheidster en sakevrou Kim Kardashian-West kon Maandagaand die eerste keer sien hoe haar jongste spruit, Psalm, lyk toe sy ’n foto van haar baba met haar 141 miljoen volgelinge op Instagram gedeel het.

Sy het op 19 Mei aangekondig dat ’n surrogaat die lewe aan haar vierde kind geskenk het.

Sy en haar man, Kanye West, het drie ander kinders Chicago (1), Saint (3) en North (5).

Baie meen Psalm lyk soos Chicago, wat ook met die hulp van ’n surrogaat gebore is.

Kardashian-West het op haar familie se realiteitsprogram, Keeping Up with the Kardashians, geen geheim daarvan gemaak dat sy met haar twee swangerskappe probleme met haar plasenta gehad het en dokters gewaarsku het dat dit lewensgevaarlik vir haar sou wees om weer swanger te raak nie.

View this post on Instagram

Psalm Ye

A post shared by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Grootsus North by Chicago (1).Foto: Instagram/kimkardashian

Meer oor:  Psalm 23  |  Kim Kardashian-West
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.