Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Stallone oor laaste Rambo-fliek

Alles dui daarop dat die laaste fliek in die Rambo-reeks baie donker en intens gaan wees, maar die 72-jarige Sylvester Stallone gee aan sy aanhangers op Instagram die versekering dat dit iets besonders gaan wees.

Sylvester Stallone toe hy jonger was. Foto: Instagram
Sylvester Stallone as Rambo. Foto: Instagram

“As ’n man uiteindelik dit vind wat vir hom vrede bring, en liefde, dat hy iewers hoort, familie . . . en skielik word dit van hom weggeneem,” sê hy oor dié fliek wat aanstaande jaar begin wys.

Hy sê dit is ’n lang pad wat hy geloop het en bedank almal vir al hul ondersteuning deur die jare.

Hy is trots daarop dat hy deel kon wees van die Rambo-storie, wat in 1982 met First Blood begin het.

Die kringloop is nou voltooi met Rambo V: Last Blood, wat pas klaar verfilm is.

View this post on Instagram

... ...Life is a battlefield… Final thoughts

A post shared by Sly Stallone (@officialslystallone) on

Meer oor:  Fliek  |  Sylvester Stallone  |  Rambo-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.