Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Steve kap Charlize oor hoe sy kind grootmaak

Die bohaai op sosiale media nadat Charlize Theron gesê het sy maak haar sewejarige aangenome seun, Jackson, nou as ’n meisie groot, wil net nie gaan lê nie.

Oor Paasnaweek het selfs Steve Hofmeyr in die Twitter-kryt geklim: “Liewe Charlize, my dogter dra soms broekies. Sy is 20 maande oud. Is dit dalk die regte tyd om haar te vra of sy ’n oorwig aan y-chromosoom aanvoel?” het Hofmeyr Sondag getwiet.

Steve Hofmeyr op Twitter oor Charlize Theron se besluit om haar aangenome kind Jackson as ’n meisie groot te maak.Foto: Twitter

Die Daily Mail berig gerugte doen al jare lank die ronde dat Theron vir Jackson as ’n meisie grootmaak. Foto’s van die gesin wys Jackson in rokke met lang vlegsels.

Charlize Theron
Charlize Theron in April by die CinemaCon Big Screen Achievement-toekennings in Las Vegas. Foto: Reuters

Theron sê in ’n onderhoud sy het ook gedink Jackson is ’n seun totdat die kind op driejarige ouderdom aan haar gesê het “ek is nie ’n seun nie”.

Theron het gesê haar taak as ouer is om haar kinders te vier en hulle lief te hê. Sy sê ook in die onderhoud sy sal haar kinders se regte beskerm sodat hulle kan wees wie hulle wil wees.

Een van die reaksies op Steve Hofmeyr se twiet.Foto: Twitter

The Sun berig Theron beskou Jackson netsoveel as ’n meisie as haar aangenome dogter, die driejarige August.

Hofmeyr is nie die enigste persoon wat op Twitter vrae het oor Theron se besluit nie.

Van die mense wat kommentaar lewer, sê dat Theron haar kind se privaatheid geskend het deur hieroor in die openbaar te praat.

“Waarom moet jy dit aan die hele wêreld verkondig?” is een van die vrae.

Heelwat ouers reageer dat hul kinders op driejarige ouderdom aangekondig het hulle is meerminne, Batman, ’n hondjie of ’n robot.

Ander ondersteun Theron en sê sy is dapper en ’n goeie ma.

Meer oor:  Charlize Theron  |  Steve Hofmeyr  |  Sosiale Media  |  Celebs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.