Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Steve oor AIG: ‘Ek doen dit vir my kollegas’

“Ek doen dit in belang van my kollegas en ons groot produksiespan,” sê Steve Hofmeyr, wat onlangs besluit het om nie aan 2020 se Afrikaans is Groot-konserte deel te neem nie.

Steve HofmeyrFoto: Argief

Dié besluit kom ná ’n herrie vroeër vanjaar oor Hofmeyr se deelname aan die konsert. Sun International, eienaars van die GrandWest-casino in Kaapstad, het gesê hulle wil Hofmeyr nie by die geleentheid hê nie omdat hulle nie “ ’n verdelende narratief vermom as vryheid van spraak en kulturele uitdrukking” kan ondersteun nie.

Luidens ’n verklaring van die konsertorganiseerders het Hofmeyr “besluit om terug te staan en nie deel van dié konserte te wees nie sodat dit wel in 2020 in Kaapstad kan plaasvind”.

Die verklaring lui: “Volgens hom het hy besef dat Sun International nie dié konserte in hul lokaal gaan toelaat as hy nie dié besluit geneem het nie”.

Noudat Hofmeyr nie by die konsert gaan optree nie, gaan die konsert voort en mense kan kaartjies begin koop.

Afrikaans is Groot 2020 vind op 21 Maart om 13:00 en 19:30 en 22 Maart om 13:00 in die Grand Arena in die GrandWest-casino plaas.

Kunstenaars wat wel by die konserte sal optree, sluit in Bok van Blerk, Theuns Jordaan, Riana Nel, Karlien van Jaarsveld, Elvis Blue, Demi Lee Moore, Ricus Nel, Snotkop, Jay, Corlea, Tarryn Lamb, Dewald Wasserfall, en Ruhan du Toit.

Karen Zoid en Laurika Rauch is ook weer terug, en Elandré maak vir die eerste keer sy buiging op dié verhoog. Die organiseerders sê daar wag ook ’n paar verrassings op gehore.

“Ons is hard aan die werk om ’n produksie van internasionale gehalte aan gehore te bied,” sê Barry Pretorius, regisseur van dié konsertreeks.

Kaartjies is slegs by Computicket, aanlyn of by Shoprite/Checkers en House & Home-winkels beskikbaar. Die publiek word gewaarsku om waaksaam te wees teen derde partye wat kaartjies te koop aanbied.

Riana NelFoto: Verskaf

Meer oor:  Steve Hofmeyr  |  Afrikaans Is Groot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.