Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Steve wil Koreaanse skoonseun 'Die Stem' leer

Steve Hofmeyr se dogter trou dié week - en soos enige pa van die bruid het hy ’n paar dinge wat hom bekommer.

Steve Hofmeyr se dogter, Charissa Albertyn, saam met haar aanstaande Suid-Koreaanse eggenoot. Foto: Facebook/charissa.albertyn

Hofmeyr sê op sy Facebook-blad hy voel verlies noudat sy dogter, Charissa Albertyn, gaan trou. Hy sê wel dat hy ontsettend bly is vir haar.

“Hoe ek die woorde van "Die Stem" ooit in dié Suid-Koreaan se kop gaan kry, weet ek nie,” sê Hofmeyr in sy boodskap aan sy aanstaande skoonseun.

Hofmeyr belowe dan aan sy aanstaande skoonseun: “Maar as jy vir Charissa met jou lewe sal oppas, boetman, mag jy my pa noem.”

Charissa is die oudste van Hofmeyr se kinders en is ’n Engelsonderwyseres in Seoel. Haar aanstaande man se naam is nie bekend nie.

Hofmeyr kry darem raad van sy ondersteuners oor kinders wat oorsee bly. Een antwoord lui: “My kind ook al daar vir 14 jaar. Is nie maklike storie nie en dan die skoonseun van ’n ander land. Kan dink hoe voel jou hart maar weet een ding verseker, jy het jou plig as ouer gedoen Steve. Ons moet dit aanvaar en ons kinders net ondersteun. Nogtans geluk en as jy soontoe gaan dink ek aan jou met die lang reis.”

Nog ’n ondersteuner sê: “Ai Steve wat kan mens sê. Baie geluk met haar huwelik ek dink ook jy sal ’n goeie skoonpa wees. Ek dink ook net dat jou skoonseun nie met Charissa moet mors nie anders gaan hy met skoonpa en swaers te doen kry. Ons hoop sy gaan baie gelukkig wees.”

Meer oor:  Steve Hofmeyr  |  Charissa Albertyn  |  Suid-Korea  |  Die Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.