Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Stil koninklike Kersfees in Windsor-kasteel

Koningin Elizabeth en prins Philip sal Kersfees in Windsor-kasteel deurbring, het Buckinghampaleis Dinsdag bekend gemaak.

Die koningin en ander senior koninklikes bring gewoonlik Kersfees op die Sandringham-landgoed in Norfolk deur.

Weens die Covid-19-pandemie en inperkingsmaatreëls het die egpaar besluit om eerder Kersdag stil in Windsor-kasteel deur te bring.

Volgens ’n paleiswoordvoerder voel die koningin en prins bevoorreg om elke jaar die Kerstyd saam met hul uitgebreide familie deur te bring, maar omdat net drie huishoudings bymekaar kan kom oor die Kerstyd, maak dit dinge moeilik vir hul familielede.

Dit sal die eerste keer in 33 jaar wees dat die koninklike egpaar nie die Kerstyd op Sandringham deurbring nie.

Die Kersfees daar is gewoonlik allermins ’n tyd vir ontspan. Die dagboek vir die Kerstyd word tot op die minuut beplan.

Daar is vroeër berig personeel op Sandringham is nie geneë om hulself af te sonder om ’n sogenaamde “Sandringham-borrel” om die koningin en Philip te vorm nie. Die “Windsor-borrel” is kort voor Paasfees geskep om die koningin en haar man so veilig moontlik teen die koronavirus te hou. Die minste moontlike personeel sien om na hulle om blootstelling aan die virus tot die minimum te beperk.

Prins William en sy gesin sal heel moontlik Kersfees deurbring saam met Catherine se ouers, Michael en Carole Middleton, terwyl prins Charles en sy vrou, Camilla, weer die dag in hul plattelandse woning, Highrove, sal deurbring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.