Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Strate afgesper, soldate en perde oefen vir troue
Die oefening Donderdagmiddag op die roete wat Saterdag gevolg gaan word. Foto: Twitter/KensingtonRoyal
Strate in Windsor is reeds afgesper. Foto: Twitter/KensingtonRoyal
Skuif reg jou pet en wees ernstig, Saterdag moet alles perfek wees. Foto: Twitter/KensingtonRoyal
Toeskouers kry Donderdag hul eerste glimp van wat Saterdag met die koninklike troue voorlê.Foto: Twitter/KensingtonRoyal

Die strate in die dorp Windsor, waar prins Harry en Meghan Markle Saterdag trou, is reeds ’n miernes van bedrywigheid.

Die roete wat die koninklike koetse Saterdag volg, is Donderdagmiddag afgesper vir die militêre oefening om seker te maak al die perde (en lede wat deelneem) is in gelid.

Die Kensington-paleis het op Twitter foto’s gedeel van die amptelike oefening, onder meer op die Long Walk, asook in ander strate van die dorp.

Meer as 250 lede van die Britse weermag gaan seremoniële ondersteuning bied met die troue. Dit sluit regimente en eenhede in wat ’n spesiale band met prins Harry het.



Meer oor:  Meghan Markle  |  Prins Harry  |  Koninklike Troue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.