Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Sun International kap terug oor Steve

Sun International ondersteun nie “ ’n verdelende narratief vermom as vryheid van spraak en kulturele uitdrukking” nie, het die groep Donderdag in ’n verklaring gesê.

Steve Hofmeyr

Dit kom nadat die omstrede sanger Steve Hofmeyr hom aan Afrikaans is Groot (AiG) se konsert in Kaapstad onttrek het. Hofmeyr het Woensdag onder meer op sy Facebook-blad gesê: “Ek besef dat Sun International ons sy lokaal in die Kaap sal weier as ek nie die besluit neem nie.”

Sun International sê in sy verklaring: “Sun International ondersteun mense se reg om hul kultuur en taal te vier. Ons ondersteun die waardes van nierassisme, niediskriminasie en respek vir ander en hul kulture. Wat ons nie ondersteun nie, is ’n verdelende narratief, vermom as vryheid van spraak en kulturele uitdrukking.”

Die konsert word in Maart by die GrandWest Casino gehou.

“Ná gesprekke met die AiG-direksie het ek besluit om terug te staan sodat die AiG-konsert in Kaapstad in 2020 wel kan plaasvind,” sê Hofmeyr in ’n Facebook-inskrywing.

Hofmeyr sê hy verstaan die enorme uitdagings ten opsigte van infrastruktuur en koste en wat die verlies aan inkomste aan sy medekunstenaars sal doen.

Hofmeyr het verder uitgevaar oor hoe dit hom grief dat geld, borge en politieke narratief “ons kultuur en ons kunste vandag voorskryf. Ek ken nie daardie taal nie en ek het geen behoefte om dit ooit te leer praat nie. Ek buig nie die knie voor die haters van vryspraak nie en geen boikot sal my oor my volk se griewe maak swyg nie.”

Hofmeyr sal steeds optree tydens die Pretoria-konserte in November en ook by die Somerfees wat op 28 Desember in Mosselbaai plaasvind.

Netwerk24 het vroeër berig dat daar op senior vlak bevestig is dat die AiG-konsertreeks nie by GrandWest aanvaar sal word met Hofmeyr op die verhoog nie.

Meer oor:  Sun International  |  Steve Hofmeyr  |  Aig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.