Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Supermodel en ma oor belasting gevonnis

Die Israelse supermodel Bar Refaeli is Sondag weens belastingontduiking uit verdienste van haar internasionale loopbaan tot nege maande gemeenskapsdiens gevonnis en haar ma is 16 maande tronkstraf opgelê.

Die voormalige swemkleremodel, nou ’n gewilde TV-persoonlikheid in Israel, het skuld beken op belastingoortredings onder ’n pleitooreenkoms wat ook haar ma en agent, Tzipi Refaeli, insluit.

Belastingowerhede in Israel het die twee daarvan beskuldig dat hulle versuim het om belasting op hul inkomste van sowat $7,2 miljoen te betaal.

Die veiligheid vir hul hofverskyning Sondag was streng en versperrings in die voorportaal het ’n pad vir die ma en dogter na ’n hysbak na die hof aangedui.

“Ons is lief vir jou,” het ’n vrou geskreeu terwyl die model en haar ma, albei met maskers op, verby kameras en verslaggewers geloop het sonder om enige kommentaar te lewer.

Bar Refaeli loop Sondag agter haar ma, Tzipi, by die hof in Tel Aviv uit. Foto: Reuters

Hul advokate het aangevoer dat Refaeli, ’n paparazzi-gunsteling tydens ’n romantiese verhouding met die Hollywood-akteur Leonardo DiCaprio, nie tussen 2009 en 2012 haar wêreldwye inkomste aan die Israelse belastingowerheid hoef te verklaar nie.

Refaeli, nou 35 en ’n ma van drie kinders en getroud met ’n Israelse sakeman, het aangevoer dat sy destyds in die buiteland gewoon het en vrygestel van Israeliese belasting was.

Die aanklaers het gesê dat sy in luukse huise in Israel gewoon het wat deur haar ma en ander familielede gehuur is om haar verblyf daar weg te steek.

Refaeli sal voorlopig vyf dae per week gemeenskapsdiens moet verrig in ’n sentrum naby Tel Aviv vir mense met liggaamlike gestremdhede. Haar 65-jarige ma begin op 21 September met haar tronkstraf.

Buiten die uitstaande belasting is elk boetes van 2,5 miljoen sikkels (R12 miljoen) opgelê. Die koerant Haaretz berig dat hulle sal waarskynlik sowat 25 miljoen sikkels (R121 miljoen) met rente aan die owerhede moet betaal. – Reuters

Meer oor:  Tel Aviv  |  Hof  |  Belastingontduiking  |  Misdaad  |  Bar Refaeli  |  Supermodel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.