Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Tatoeblaps: 7 ringe? Nee, dis ’n ‘klein houtskoolbraai’!
Ariana GrandeFoto: Getty Images

Ariana Grande het Woensdag op sosiale media erken dat haar poging om die R&B-trefferliedjie “7 Rings” in Japannees op haar hand te tatoeëer, lelik skeefgeloop het.

Nou staan daar iets soos “klein houtskoolbraai” op haar hand, volgens The Guardian.

Aanhangers het die fout aan die 25-jarige Amerikaanse popsensasie uitgewys waarna sy die foto van die tatoeëermerk van haar rekening verwyder het.

Ariana Grande se splinternuwe tatoeëermerk verwys na “ ’n klein houtskoolbraai”. Foto: Instagram

The Independent berig dat Grande met die tatoeëermerk haar sukses met “7 Rings”, wat vroeër vandeesmaand uitgereik is, wou vier. Sy het besluit om die liedjie se naam in Japannese karakters op haar handpalm te tatoeëer, maar laat toe per ongeluk een karakter uit, wat die betekenis heeltemal verander.

Grande het later haar simpel fout erken en die korrekte Japannese spelling van “7 Rings” op Instagram geplaas.

Volgens iNews het van haar 144 miljoen Instagram-volgelinge Woensdag met Grande die spot gedryf. Sedert die bekendstelling van die musiekvideo vir “7 Rings” het mense reeds meer as 100 miljoen keer daarna op YouTube gekyk.

Meer oor:  Ariana Grande  |  Musiek  |  Musikant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.