Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
The Rock haak af (sonder ’n vuishou)

Die akteur en oudrofstoeier Dwayne (The Rock) Johnson (47) en die ma van sy twee jongste kinders het na meer as tien jaar saam afgehaak.

Johnson het ’n foto van hom en Lauren Hashian (34) in hul trou-uitrustings met sy 154 miljoen volgelinge op Instagram gedeel met die datum 18 Augustus en die inskrywing “We do”.

Die seremonie het in die Amerikaanse deelstaat Hawaii plaasgevind.

Dwayne (The Rock) Johnson en Lauren Hashian Foto: Instagram/ therock

Sy voormalige swaer, Hiram Garcia, was teenwoordig, en het ook die pasgetroudes op Instagram gelukgewens. “Dit was ’n eer om daar te wees vir julle groot dag,” het hy geskryf.

Johnson was van 1997 tot 2008 met Hiram se suster, Dany Garcia, getroud en hulle het ’n dogter, Simone (18), saam.

Johnson en Hashian het volgens CNN begin uitgaan nadat hy en Dany uitmekaar is.

People berig Johnson en Hashian het in 2006 ontmoet toe hy besig was om The Game Plan te skiet.

Hulle het twee dogters, Jasmine (3) en Tiana (1).

Johnson is tans in die HBO-reeks, Ballers, te sien. Nuwe episodes begin volgende week op Showmax.

Meer oor:  Lauren Hashian
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.