Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Theuns Jordaan stil-stil uit hospitaal ontslaan
Theuns Jordaan Foto: Deon Raath

Theuns Jordaan (50) is stil-stil uit die hospitaal ontslaan en sterk nou tuis aan.

Die Afrikaanse sanger en liedjieskrywer het in Maart vanjaar ’n beenmurgoorplanting ondergaan as deel van sy kankerbehandeling.

Ilza Roggeband, Jordaan se woordvoerder, het aan Netwerk24 bevestig dat hy tuis is.

Luidens ’n boodskap op die Theuns Jordaan-ondersteuningsblad op Facebook gaan dit goed met hom.

Hiervolgens is hy vyf weke gelede reeds ontslaan en vorder sy herstel goed.

“Ons is opgewonde om Theuns weer binnekort gesond te sien. Weer eens dankie vir die ongelooflike ondersteuners wat julle vir Theuns is,” lui die boodskap.

Jordaan self was nie dadelik beskikbaar vir ’n onderhoud nie.

Ons is opgewonde om Theuns weer binnekort gesond te sien. Weer eens dankie vir die ongelooflike ondersteuners wat julle vir Theuns is.

Leukemie is middel September verlede jaar by Jordaan gediagnoseer en hy het dadelik met chemoterapie begin.

Hy het AML, oftewel akute miëloïede leukemie. Dit is ’n soort kanker wat in die bloedvormende selle van die beenmurg begin.

Hy het op 5 Maart ’n beenmurgoorplanting ondergaan. Jordaan het destyds in ’n onderhoud aan Huisgenoot gesê alles het volgens plan verloop.



Meer oor:  Theuns Jordaan  |  Leukemie  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.