Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Tracey Lange eersdaags op KFM
Tracey Lange Foto: Argief

Minder as drie maande nadat die bekende radio- en televisieaanbieder Tracey Lange haar oorfone opgehang het, is sy aanstaande maand terug om luisteraars op radio te vermaak.

Dié keer sal Lange by KFM agter die mikrofoon inskuif om die laatoggend-program aan te bied.

“Ek is baie, baie opgewonde. Radio het nie net in my hart ingekruip nie, dit is my bloed, ek het dit die eerste dag besef toe ek op radio was,” het Lange hoorbaar opgewonde gesê.

Die aankondiging van KFM volg kort ná Lange se laaste dag as omroeper by Heart FM in middel Maart. Ten tyde van haar bedanking het sy al hoe meer versoeke ontvang om TV-programme aan te bied en wou sy daarop fokus.

Lange, ’n aanbieder van Bravo! op kykNET, sê KFM het haar oorreed om haar by hul span aan te sluit.

“Ek was gereed om vir eers totsiens te sê aan radio, maar KFM het toe gekom en gesê hulle gaan my help waar hulle kan. En om eerlik te wees, ek het radio die afgelope tyd baie gemis.”

Sy sal in Junie weer terug op die lug wees en verklap dat haar program op mense gefokus sal wees.

“Die program sal definitief op die gemeenskap fokus. Ons gaan luister na die luisteraars, nie hulle na ons nie. Dit gaan oor lekker mense handel, ’n prettige program vir die mense,” het Lange dit kortliks opgesom.

Luidens ’n verklaring van KFM sal Lange se program weeksdae tussen 09:00 en 12:00 aangebied word, waarna Ryan O’Connor van 12:00 tot 15:00 op die lug sal wees, en Carl Wastie van 15:00 tot 19:00.

Meer oor:  Kyknet  |  Televisie  |  Kfm  |  Radio
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.