Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Tracey Lange eindelik verloof!
Tracey Lange, bekende TV- en radioaanbieder.Foto: Facebook

Die gewilde televisie- en radiopersoonlikheid Tracey Lange en haar kêrel van die afgelope vyf en ’n half jaar het op Facebook aangekondig hulle gaan trou.

Lange en haar kêrel, Avukile Mabomba, oorspronklik van Umtata, het saam op ’n unieke foto op Facebook geposeer en die foto geplaas met die hutswoord, “#verloof”!

Lange het die nuus op Instagram ook gedeel.

“Dit was vir ’n rukkie ons geheim, maar nou is ons gereed om die nuus te deel,” skryf sy.

Die foto wat Lange op Facebook gedeel het om die nuus aan te kondig. Foto: Facebook

Gelukwensinge het dadelik ingestroom van aanhangers wat die twee gelukwens en sê hulle is ’n pragtige paartjie.

Lange is veral bekend as aanbieder van kykNET se glansprogram Bravo!, asook as radioaanbieder op KFM weeksdae tussen 09:00 en 12:00. Sy is ook te sien op die geselsprogram Tussen ons, ook op kykNET.

Tracey Lange en Avukile Mabomba tydens ’n besoek aan New-York vroeër vanjaar. Foto: Instagram

Lange het aanhangers in 2016 op hol gehad toe sy ’n foto deel waar sy ’n reusagtige klippie op haar ringvinger op Instagram plaas, met die byskrif, “ek het ja gesê!”. Talle het toé gedink trouklokke lui vir die paartjie, maar dit was helaas net ’n grap.

“Wie sal nie ja sê vir champagne nie?” het sy onderaan dié foto geskryf.

Die twee het in Augustus ’n uitstappie na Noord-Amerika aangepak en albei het foto’s op Instagram geplaas van hulle by bekende toeristeaantreklikhede soos die Groot Appel, die Withuis en Central Park.

Meer oor:  Avukile Mabomba  |  Tracey Lange  |  Verlowing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.