Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Tracey Lange se troue ’n heerlike fees in Kaapstad
Tracey Lange en Avukile Mabombo se foto's vir hul troudag is orals in Kaapstad gekiek. Foto: Tracey Baard Photography

Hy is haar rots, haar kalmte en ignoreer haar flou grappies.

So sê die televisie- en radiopersoonlikheid Tracey Lange by navraag oor Avukile Mabombo, die man met wie sy op 1 Oktober by die Old Foundry Hotel in Groenpunt, Kaapstad getroud is.

Mabombo is ’n sakeman en bemarkingsfoendi.

“Dit was ’n fantastiese dag,” sê sy.

“Ons het dit eintlik in twee geleenthede gedeel wat bestaan uit ’n ‘preception’ die week voor die troue, en dan die troudag. Ons het saam met fantastiese mense gewerk soos Hanri van Glee Events en die span by die Old Foundry Hotel wat ons toegelaat het om dinge te verander wanneer dit nodig was. Hulle het deel van ons familie geword.”

Avukile Mabombo en Tracey Lange op hul troudag. Foto: Anne Marais

Hulle wou van die begin af ’n pret-troue hê – tradisioneel maar anders, sê sy.

“Ons wou nie iets hê wat skok nie, maar wat mense laat glimlag en gelukkig laat voel. Ons albei hou daarvan om mense gelukkig te sien. Omdat ons lief is vir Kaapstad wou ons ons fotosessie oral in Kaapstad doen. Ons het vir City Sightseeing betrokke gekry en hulle het vir ons ’n bus gegee om rond te beweeg saam met ons bruidsgevolg, met almal het gehelp het in ’n wonderlike atmosfeer.”

Volgens haar was dit ook besonders om hulle familie by die troue te hê.

“Dit was ’n dagtroue wat veronderstel was om 19:00 te eindig, maar die span by die hotel het aangehou om saam met ons partytjie te hou en dit soveel pret gemaak dat die mense eers ná 23:00 weg is!”

Die hoogtepunt van die dag was toe sy en Mabombo as man en vrou verklaar is. “Orals was daar net groot glimlagte,” sê sy.

Oor Mamombo sê sy hy is ’n baie gedrewe en ambisieuse man wat reg en verkeerd verstaan. Hulle het mekaar agt jaar gelede ontmoet en later begin uitgaan.

“Ek hou daarvan dat ek nooit vir hom hoef te vra wat is volgende nie. Hy het altyd meer planne en beplan nie net nie, maar doen ook. Hy inspireer my daagliks en ek is mal daaroor om hom in my lewe te hê. Hy maak dit soveel beter.”

Hul toekomsplanne sluit in om die lewe te geniet en goed te beplan.

“Ons het een keer ’n jaar ’n ‘verhoudingsvergadering’ waar ons bespreek wat ons gaan doen in die jaar wat voorlê en hoe om dinge te hanteer wat na ons kant toe kom. Dit help as julle albei herbevestig dat julle mekaar se eerste prioriteit is. Dit is die fondament vir alles,” sê sy.

Avukile Mabombo en Tracey Lange se groot liefde vir Kaapstad het hulle genoop om hul troudagfoto's oral in die stad te laat neem. Foto: Anne Marais

Meer oor:  Tracey Lange
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.