Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Trevor Noah pak Madison Square Garden stampvol

Daar was Vrydag nie plek vir ’n muis in die wêreldbekende Madison Square Garden in New York, waar die Suid-Afrikaans gebore komediant Trevor Noah opgetree het nie.

Sowat 14 000 aanhangers het na Noah kom kyk, nadat sy vertoning luidens ’n verklaring voor die tyd heeltemal uitverkoop is.

Dié vertoning is een van ’n rits nuwe vertonings as deel van Noah se #LoudAndClearWorldTour, wat hy vanweë die gewildheid daarvan na nog 12 lande uitgebrei het.

Noah het Saterdag by ’n foto van homself voor ’n Madison Square Garden-bord op Facebook geskryf: “Ons het dit gedoen!”

Die Suid-Afrikaner Khaya Dlanga, wat die vertoning bygewoon het, het op Twitter video’s geplaas van hoe die arena vol word.

“En dit, dames en here, is hoe Trevor Noah Madison Square Garden volpak. Wat ’n prestasie! Suid-Afrika is onaantasbaar op die oomblik,” het hy in ’n twiet geskryf.

Madison Square Garden is bekend vir die wêreld se grootste name op musiek-, vermaak- en sportgebied.

Kunstenaars wat al hier opgetree het, sluit volgens Madison Square Garden se webblad Elvis Presley, John Lennon, The Rolling Stones, Bob Dylan, Madonna, Elton John, U2, Bruce Springsteen, Katy Perry en Taylor Swift in.

 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.