Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Vermiste akteur se oorskot gevind
Charles Levin

Die oorskot van die akteur Charles Levin is vermoedelik in Oregon in Amerika gevind.

Levin (70), bekend om reekse soos Alice en LA Law, het verlede week vermis geraak.

Sy seun het die owerhede in kennis gestel.

Vrydag het ’n selfoonkennisgewing die owerhede na ’n afgeleë gebied, noordoos van Selma gelei, maar daar was geen teken van Levin nie.

’n Inwoner het Levin se motor Saterdag op ’n afgeleë pad ontdek. Die voertuig was van die pad af, het die polisie gesê.

Sy hond is dood in die motor gevind. Levin se lyk is naby die voertuig gevind, het die polisie gesê.

Die polisie reken dat dit waarskynlik die oorskot van Levin is in ag genome die omstandighede. Die mediese deskundige moet die finale identifisering maak.

Levin het in 1993 in een episode van Seinfeld verskyn en in ander reekse soos Alice, NYPD Blue en Hill Street Blues verskyn.

Hy het in ook in flieks soos The Golden Child verskyn.

Meer oor:  Alice  |  Vermis  |  Akteur  |  Oorskot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.