Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Veteraan-aktrise Mary Twala sterf

Die Suid-Afrikaanse veteraan-aktrise Mary Twala (80) is Saterdagoggend in die Park Lane-hospitaal in Johannesburg dood.

Twala het oor haar loopbaan as aktrise verskeie rolle vertolk. Sy was onder meer te sien in die sepie Generations, die flieks Leading Lady, Sarafina!, en Taxi to Soweto, asook die televisiereeks, Ubizo: The Calling.

Sy is ook verlede jaar deur die nasionale regering vereer met die Orde van Ikhamanga.

Sy was die ma van Somizi Mhlongo, bekende omroeper, TV-aanbieder, akteur en sanger.

Hy was op pad na die hospitaal toe sy dood is, sê hy op Instagram.


Die dokter het hom nog vroeër gebel en gesê sy is wakker en vrolik. Hy het egter ’n paar minute te laat by die hospitaal aangekom.

Luidens sy inskrywing was dit Saterdag ook Mhlongo se oorlede pa, Ndaba Mhlongo, se verjaarsdag.

“Vandag is my oorlede pa se verjaarsdag, en my ma het besluit om te reageer op sy roep deur by hom in die hemel aan te sluit. Die boom het geval,” lui die inskrywing.

Pres. Cyril Ramaphosa het Saterdag sy hartseer oor Twala se dood in ’n verklaring uitgespreek en gesê die land het ’n wonderlike ikoon van die nasie se kreatiewe gemeenskap verloor.

Hy het verwys na die Ikhamanga-orde en gesê met haar veelsydigheid en kreatiewe loopbaan het Twala dié verering verdien.

“Ons het ’n unieke talent en innemende mens verloor, wie se optredes lewe gegee het aan wat dit beteken om ’n Suid-Afrikaner te wees en tot alle generasies van Suid-Afrikaners betrekking gespreek het. Ons sal haar baie mis,” lui die president se twiet.

Mhlongo het in sy inskrywing ook sy hartseer oor sy ma se dood uitgespreek en Suid-Afrika bedank vir hul liefde teenoor sy ma.

“Ek is verpletter, maar dit sal selfsugtig wees as ek haar nie laat gaan nie.

“My ma het ’n vol lewe gehad, meer as haar drome bereik.

“Dankie Suid-Afrika dat julle die fenomenale superster, wat my ma is, lief het.”


Huldeblyke aan Twala het ook op sosiale media ingestroom.

Die bekroonde akteur dr. John Kani het in ’n twiet geskryf Twala se nalatenskap sal in hulle voortleef.


Fikile Mbalula, minister van vervoer, het ook op Twitter geskryf dat Twala se heengaan die land armer gelaat het.


Die EFF het in ’n verklaring Twala se dood betreur. Die party het haar beskryf as ’n aktivis wat haar platform gebruik het vir die bewusmaking rondom kwessies wat vroue in Suid-Afrika ervaar, asook die sosiale en kulturele werklikhede van Afrika-gemeenskappe suiwer uitgebeeld.

Meer oor:  Mary Twala  |  Somizi Mhlongo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.