Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Volg Harry en Meghan nou in Kardashians se voetspore?

Prins Harry en Meghan Markle, hertogin van Sussex, word “skynheilig” genoem weens hul versoeke vir privaatheid nadat hulle met Netflix ooreengekom om flieks en reekse te vervaardig.

Daar is aanvanklik van die egpaar verwag om net agter die kameras te bly vir hul ooreenkoms met die stromingsplatform, maar ’n bron het aan The Sun gesê dat Markle wil hê dat die wêreld “die ware sy” moet sien.

Netflix se verfilmingspan gaan hulle glo vir drie maande lank as deel van “’n smaakvolle dokumentêr” in Montecito in Kalifornië, waar hulle woon, volg.

Volgens Daily Mail het Netflix gesê dat verskeie projekte ontwikkel word en dat besonderhede daaroor nog nie bekend gemaak word nie.

Ingrid Seward, redakteur van die tydskrif Majesty, het Prins Harry en Megan van skynheiligheid beskuldig omdat hulle tot die werklikheidsreeks ingestem het nadat hulle juis Engeland vir Amerika verruil het omdat hulle meer privaatheid wou hê.

“Dit is buitengewoon. Dis presies wat hulle gesê het dat hulle nie sou doen nie,” het sy gesê.

The Mirror berig egter die egpaar het Maandag ’n verklaring uitgereik waarin hulle ontken dat hulle van plan is om hul lewens in ’n werklikheidsreeks te omskep.


Meer oor:  Realiteitsreeks  |  Netflix  |  Harry En Meghan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.