Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Volg Vrydag Zozi se parade deur Kaapstad

Zozibini Tunzi (26), Mej. Heelal, gaan Vrydagoggend op ’n spesiaal ontwerpte sierwa deur Kaapstad ry as deel van haar tuiskomstoer.

Haar sierwa sal met linte in die kleure van die Suid-Afrikaanse vlag versier word en dit het selfs ’n replika van haar Mej. Heelal-troon.

Die vlot is tydens haar besoek die naweek aan Mthatha in die Oos-Kaap onthul.

“Dit is die wonderlikste vervoermiddel ooit. En ek sal weet, want ek het op die perdekarretjies in New York gery wat jou Central Park toe neem,” vertel Tunzi.

Henk Henderson van Henderson Worx in Pretoria het die sierwa ontwerp en sê hy was verheug om iets te kon ontwerp vir ’n vrou wat hy so baie bewonder.

roete

Die sierwa sal Vrydag omstreeks 10:40 van die Kaapstadse stadsaal vertrek. Die roete is soos volg:

  • Dit ry van die stadsaal af langs Darlingstraat;
  • Draai links in Adderleystraat;
  • Draai regs in Waalstraat;
  • Draai links in Langstraat;
  • Draai regs in Buitensingel;
  • Draai regs in Loopstraat;
  • Draai regs in Strandstraat;
  • Draai links in Adderleystraat;
  • Draai regs in Hertzog-boulevard;
  • Ry in Hertzog-boulevard na Nelson Mandela-boulevard; en
  • Eindig in Searlestraat.
Meer oor:  Kaapstad  |  Ry  |  Mej. Heelal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.