Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Vroue-LP’s ondersteun Meghan in brief aan haar

Prins Harry se vrou, Meghan, het steun uit ’n onverwagse oord gekry. Altesame 72 vroue-LP’s van alle politieke partye in die Britse laerhuis het Dinsdag ’n ope brief aan die hertogin van Sussex gerig.

Die Arbeider-LP Holly Lynch het die aanvoorwerk vir die brief gedoen, waarin geskryf word dat die Britse poniepers op sekere geleenthede inbreuk op die hertogin se privaat lewe gemaak het. Hoewel die brief nie melding maak van spesifieke beriggewing nie, word daar ook gesê Meghan word in die media aan verouderde kolonialisme onderwerp.

Meghan het twee weke gelede in ’n TV-dokumentêr oor haar en prins Harry se toer na Suider-Afrika gesê sy het geen idee gehad dat die koninklike kollig op hulle so fel sou wees nie. Sy het ook verwag die Britse media sou billik in hul beriggewing oor haar wees.

Meghan, wat met tye in Harry and Meghan: An African Adventure, na aan trane was, het vertel hoe haar Britse vriende haar teen die Britse poniepers gewaarsku het en gesê het dit sal haar lewe verwoes.

Die paartjie dagvaar tans drie poniekoerante in Brittanje.

Harry dagvaar die Sun en die Daily Mirror oor die moontlike kraking van sy foon, en Meghan dagvaar die Mail on Sunday vir die skending van haar privaatheid omdat die Sondagkoerant ’n brief gepubliseer het wat Meghan aan haar vervreemde pa, Thomas, geskryf het. – Bronne: Twitter, ITV, The Guardian, verwerk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.