Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Wanneer gaan boer Adriaan en Helene afhaak?

Boer Adriaan Geldenhuys (29) en sy verloofde, Helene Retief (29), wil nog voor die einde van die jaar trou.

Oor presies wanneer en of hulle op die plaas buite Riversdal gaan trou, wil hulle nie ’n woord rep nie.

Helene Retief (29) en Adriaan Geldenhuys (29) op die plaas.Foto: Verskaf

Voor die troue moet daar eers gesaai word op die plaas, en dan is dit ook nog lamtyd van nou tot Augustus.

“Daarna sal ons eers kan begin dink aan die sosiale goed,” lag Adriaan, een van die land se gunstelingboere uit die TV-program Boer soek ’n vrou se tiende seisoen.

Die paartjie het op die program ontmoet, en vir hom was dit liefde met die eerste oogopslag. Die twee het in September 2018 verloof geraak, maar is steeds geheimsinnig oor hul troudatum.

Helene sê wel hulle oorweeg dit om op ’n lekker lenteoggend te trou. “Ons dink nie dit is iets wat baie ander mense deesdae doen nie. Maar alles hang af van die venue en natuurlik hoeveel gaste ons gaan nooi.”

Helene is versot op haar verloofring.

“Hy het lank uitgevis oor wat vir my mooi is, maar ek het nie geweet hoe die ring gaan lyk, of dat hy dit spesiaal vir my laat ontwerp het nie. Ek was uit die veld geslaan!” sê sy.

Helene, oorspronklik van Durbanville, werk in die week op die dorp in die bemarkingsafdeling van Bali Trading in Riversdal, en sê sy is lief daarvoor om saam met vriende in die dorp te gaan draf.

Die verliefde paartjie in April op pad na Heidelberg om te gaan uiteet. Foto: Verskaf
Helene Retief en Adriaan Geldenhuys was in Desember in Vleesbaai. Foto: Verskaf
Hulle het ook vroeër vanjaar in Kaapstad na ’n vertoning van Ed Sheeran gaan kyk. Foto: Verskaf
Beer, die twee se nuwe hondjie wat nou sowat sewe weke oud is. Foto: Verskaf

Sy is lief vir oefen en was selfs in haar oefenklere toe Adriaan, ’n skaapboer, haar gevra het om te trou

Helene is ook lief vir bak en brou, en sê sy het Donderdag ’n baksel beskuit en ’n koek gebak.

“Ek en Adriaan is baie lief vir kosmaak. Ons geniet dit ook om te onthaal en nooi gereeld mense na die plaas toe,” sê sy.

Tussendeur speel die twee ook met hul nuwe hondjie, ’n

Skotse skaaphond wat hulle Beer noem.

“Hy is baie stout, maar baie oulik,” sê Helene. Hy kou gereeld aan hul skoene en het ’n voorliefde vir haar pantoffels.

“Ek sit dit nou maar op die bedkassie waar hy dit nie kan bykom nie,” lag sy.

Helene Retief is gaande oor haar verloofring. Foto: Verskaf

Adriaan het nog ’n Skotse skaaphond, Ben, wat ’n bietjie ouer is en hom op die plaas help. Helene sê hulle hoop Ben en Beer sal goeie maats word en saam die plaas plat hardloop.

Helene is mal oor die plaas, veral noudat Beer en die nuwe lammers “nuwe lewe” op die plaas gebring het. Sy sê dit is ook Adriaan se gunstelingtyd, noudat die ooie gelam het en al die lammers uit hul kampies is en kan wei.

Meer oor:  Boer Soek 'N Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.