Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Weinstein het ook Covid-19

Harvey Weinstein, die voormalige rolprentmaker wat tronkstraf uitdien vir seksuele aanranding en verkragting, is agter tralies positief getoets vir Covid-19.

Harvey Weinstein. Foto: AP

Reuters berig hy is in isolasie geplaas.

Die koronavirus is besig om Amerikaanse tronke in te dring, wat reeds lei tot die vrylating van aangehoudenes, ingeperkte borgtogvoorwaardes en ander uitsonderlike maatreëls in ’n poging om die potensieel rampspoedige verspreiding van die virus in digbevolkte tronke af te weer.

In New York, waar minstens 29 aangehoudenes en 17 personeellede in die tronkstelsel die koronavirus gekry het, het Bill de Blasio, burgemeester, Sondag aangekondig dat 23 gevangenes voor die einde van die dag vrygelaat sou word en dat die stad binne 24 uur sou besluit of nog 200 vrygelaat moet word.

Die raad van korrektiewe dienste in New York, ’n onafhanklike oorsigliggaam, het ’n beroep op die burgemeester gedoen om sowat 2 000 gevangenes wat ernstig siek is, wat vir minder ernstige oortredings aangehou word of agter tralies is vir die skending van hul paroolvoorwaardes, vry te laat.

“Dit is die regte getal om dit te laat werk,” het dr. Robert Cohen, lid van die raad, aan Reuters gesê.

Die tronkstelsel in New York is een van die relatief min wat bevestigde gevalle van die koronavirus onder aangehoudenes en personeellede aangekondig het. Ander tronke in die land het begin om hul bevolkings te verminder.

Terwyl talle staatstronke stappe aangekondig het om die verspreiding van die virus te beperk, soos ’n verbod op besoekers, word ’n hofbevel oor die algemeen vereis om aangehoudenes vry te laat.

Federale tronke kan soortgelyke beperkings verwag, hoewel pres. Donald Trump Sondag gesê het dat hy ’n uitvoerende bevel sal oorweeg om “nie-gewelddadige gevangenes” vry te laat. - Reuters


Meer oor:  Harvey Weinstein  |  Amerika  |  Koronavirus  |  Gevangenes  |  Covid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.