Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Wie is die regte Jennifer?

Jennifer Aniston in Junie vanjaar op die rooi tapyt. Foto: Getty Images
Fotoredigering wat te ver geneem is? Jennifer Aniston op een van die vyf voorblaaie van die nuwe InStyle. Foto: Instagram/InStyle
Die sproete het Instagram-volgelinge van InStyle laat vra hoekom Jennifer Aniston se sproete nie op die ander foto’s sigbaar is nie. Foto: Instagram/InStyle
Vlekloos en plooiloos!Foto: Instagram/InStyle
’n Eksklusiewe onderhoud word ook met Jennifer Aniston in die nuwe uitgawe van InStyle gevoer. Foto: Instagram/InStyle

Sal die regte Jennifer Aniston asseblief opstaan?

Dié gewilde aktrise met die lokke wat menige vrou begeer, se jongste verskyning as voorbladmeisie het omtrent die tonge los.

Nie omdat Jennifer ’n nuwe haarstyl het nie, maar bloot omdat die redigering aan die foto’s vrae laat ontstaan.

Die Amerikaanse tydskrif InStyle het Aniston as voorbladmeisie op verskillende voorblaaie vir hul Oktober-uitgawe ingespan.

Lesers het gekla en gesê Aniston is van nature pragtig en dat die fotoredigering te ver geneem is. By een van die foto’s word gevra hoekom Aniston se hare omtrent “tien skakerings donkerder is” as wat haar hare regtig is. By ’n ander foto word weer gevra hoekom Aniston op dié foto met meer sproete spog as op ander foto’s.

Die 50-jarige Aniston is bekend vir haar jeugdige voorkoms.

Volgens InStyle sal nog voorbladfoto’s onthul word voor die tydskrif winkelrakke tref. – Bronne: InStyle, Daily Mirror, verwerk

Meer oor:  Jennifer Aniston  |  Voorkoms  |  Aktrise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.