Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
William en Kate weer 'eersteling' ryker

Vergeet van prins George, want prins William en Kate, hertogin van Cambridge, is weer die trotse ouers van ’n eersteling – Archie Harrison Mountbatten-Windsor.

Dit is natuurlik as jy die koninklikes se amptelike webblad glo. Die persoon wat dié webblad bywerk, het per ongeluk vir Archie “ander” ouers gegee, sy oom en tannie, William en Kate.

Dit terwyl hy die eersteling van prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, is.

Al die regte inligting oor Archie se geboorte en sy naam was in die plasing wat verder gelui het hy is die eersteling van die hertog en hertogin van Cambridge.

Dit is byna onmiddellik verwyder, maar nie voordat talle mense skermgrepe daarvan gemaak het nie.

Archie is Maandagoggend gebore en sy ouers het hom Woensdag aan die wêreld voorgestel.

Meer oor:  Prins William  |  Catherine  |  Britse Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.