Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
William, Harry kap terug oor 'boeliery' in 'vals' berig

Kort voordat geskiedkundige samesprekings op Sandringham sou plaasvind oor die toekoms van prins Harry en sy vrou, Meghan, het Harry en sy broer, William, in ’n sterk bewoorde verklaring gekap na ’n “vals storie” wat Maandag in die Britse media verskyn het.

Die twee prinse sê dat die storie ondanks hul ontkennings steeds gepubliseer is.

“Vir broers wat soveel omgee oor kwessies rakende geestesgesondheid is die gebruik van opruiende taal op hierdie manier skadelik en moontlik nadelig.”

Die berig verwys daarna dat Harry en Meghan voel hulle word deur die “boeliegedrag” van William uit die koninklike familie gestoot.

Die berig gaan verder en sê daar is twee jaar vir Meghan gesê wat haar posisie in die koninklike familie is, en dat dié gedrag moontlik as boeliery gesien kon word.

Die berig waarna verwys word, het Maandag in die gesaghebbende The Times verskyn.

Albei die prinse sal Maandagmiddag saam met hul pa, prins Charles, en ouma, koningin Elizabeth, by Sandringham vergader oor Harry en Meghan se toekomstige rolle binne en buite die koninklike familie.

Die Sussexe het verlede Woensdag op sosiale media aangekondig dat hulle wil terugstaan as senior koninklikes, finansieel onafhanklik wil wees en groot tye van die jaar in Amerika wil deurbring.

Rebecca English, koninklike korrespondent van die Daily Mail, het op Twitter geskryf dat albei die broers geweldig ontevrede is met die bewerings dat William vir Harry uit die koninklike familie “geboelie” het.

Die gesamentlik verklaring kan daarop dui dat die prinse nou verwoed vure probeer doodslaan kort voor hul krisisberaad by Sandringham.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.