Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
William maak grappies toe vliegtuig skud in erge storm

’n Besorgde prins William, ’n ervare vlieënier, het Donderdagaand gaan grappies maak met die perskorps toe die vliegtuig waarmee die Cambridges in Pakistan vervoer word, in ’n hewige elektriese storm beland het.

Prins William en Catherine, hertogin van Cambridge, het Donderdag onder meer die Badsjadi-moskee in Lahore, Pakistan, besoek. Foto: WireImage

Die vliegtuig van die Royal Airforce het twee keer in Islamabad probeer land, maar moes onverrigter sake terugkeer na Lahore.

Lede van die perskorps aan boord van die vliegtuig het op Twitter gesê die prins het kom seker maak alles by hulle is in orde.

Erge blitse het om die regterkantse vlerk van die vliegtuig geblits, sê Simon Perry wat vir die tydskrif People skryf.

Chris Ship, koninklike verslaggewer vir ITV, skryf op Twitter William het by die perskorps kom hoor of alles reg is, terwyl Rebecca English, wat vir die Britse Daily Mail skryf, geskryf het die prins het geskerts dat dit hy agter die stuurstang was.

English het in ’n volgende twiet gesê die erge turbulensie het almal - behalwe William - effens groen in die gesig gelaat.

Die vliegtuig het twee keer probeer land, maar weens veiligheidsredes na Lahore teruggekeer.

Die prins en sy vrou, Catherine, hertogin van Cambridge, is tans op ’n toer van vyf dae in Pakistan.

Meer oor:  Pakistan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.