Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
William praat oor pyn ná Diana se dood

Om ’n ouer op ’n jong ouderdom te verloor laat jou “pyn ervaar soos geen ander pyn nie”, sê prins William, die hertog van Cambridge, in ’n nuwe dokumentêr.

Hy sê ook jy weet dat daar in jou lewe moeilik iets oor jou pad sal kom wat erger as dié pyn sal wees.

Die prins, wat 15 was toe sy ma, Diana, die prinses van Wallis, dood is, vertel in ’n nuwe dokumentêr oor geestesgesondheid hoe sy werk as ’n lugambulansvlieënier hom laat voel het die dood “is om die draai”.

Sy verwysings na sy ma se dood is nie die eerste keer dat of William of sy broer, prins Harry, na hul ma se dood in 1997 verwys nie.

Albei prinse steun die Heads Together-veldtog in Brittanje.

Prins William stap verby ’n groot plakkaat wat ter ere van sy ontslape ma, Diana, aan die hekke voor die Kensington-paleis in Londen aangebring is. Die prins het ’n dag voor die twintigste herdenking van Diana se dood op 31 Augsutus 2017 na die kaartjies en huldeblyke buite die paleishakke gaan kyk. Foto: AP

Die veldtog het ten doel om die stigma van geestesgesondheid af te breek en gesprekke oor geestesgesondheid aan te moedig.

In die BBC-dokumentêr, A Royal Team Talk: Tackling Mental Health, gesels die prins en die sokkersterre Peter Crouch, Thierry Henry, asook die Engelse spanbestuurder Gareth Southgate.

William vertel as lugambulansvlieënier moes hy daagliks met families praat wat die ergste nuus moontlik ontvang.

In sy ontmoetings met mense, vertel William, kan hy amper in mense se oë sien hulle het ’n groot verlies gely. “Dié mense wil met hom oor hul verlies praat, maar dit is asof hulle bevestiging soek dat hulle mag. Dit was dus nodig om eers iets sê om hulle op hul gemak te stel.”

Die kenmerkende Britse stywe bolip kom ook ter sprake. Die prins veroordeel dit nie, maar is van mening dat die Britte moet ontspan om oor hul emosies te kan praat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.